Deel

Jong vrou se lyk op strand by Saldanha gekry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gemeenskap het in ’n kring gebid naby waar Tasmie Jansen (20) se lyk vanoggend gekry is.Foto: Alida Buckle
Die gemeenskap het in ’n kring gebid naby waar Tasmie Jansen (20) se lyk vanoggend gekry is.Foto: Alida Buckle

Terwyl daar langer as verwag gewag is vir 'n staatsambulans om 'n vrou in haar vroeë twintigs se naakte lyk van die strand by Diazville, Saldanha, te kom verwyder, het die wind stadig maar seker haar laaste waardigheid weggewaai.

Die vrou is Tasmie Jansen (20) wat in Middelpos gebly het.

'n Groep mans wat wou gaan visvang het vanoggend (Vrydag 26 April) omstreeks 09:00 op die strand op haar lyk naby die Tabakbaai-vakansieoord afgekom. Sy het leweloos op haar rug gelê en het geen klere aangehad nie.

Die Saldanha-polisie het later in die duine daar naby plakkies en ander kledingstukke gekry. Dit behoort vermoedelik aan Jansen, wie se familielede haar op die strand uitgeken het.

Gemeenskapslede het vertel dat hulle haar Donderdag 25 April nog by 'n kerk se sopkombuis gesien het.

Kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisie, het gesê die ondersoek is nog in die beginstadium en enigiemand met meer inligting word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, AO Hein Schmidlin, by 082 324 0533 te bel.

Lees volgende week se Weslander vir 'n volledige berig.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.58
-0.4%
Rand - Pond
23.22
-0.3%
Rand - Euro
19.97
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
977.45
-0.2%
Palladium
957.69
-1.7%
Goud
2,308.92
-0.2%
Silwer
27.33
+0.3%
Brent-ruolie
83.16
-0.2%
Top-40
70,939
+0.2%
Alle aandele
77,177
+0.3%
Hulpbronne 10
60,903
-0.2%
Industriële 25
107,610
+0.4%
Finansiële 15
16,775
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos