Hulle het alles in hul vermoë gedoen om Maureen Stringer (53), kombuisbestuurder van die Lentegeur- psigiatriese hospitaal wat Sondag in ’n motorongeluk dood is, by te staan.
So vertel Taufeeq Noordien (37), wat Sondag die motorongeluk tussen vier voertuie waarin Stringer dood is, sien gebeur het.