Deel

Geniet ontbyt terwyl kenners oor deeltitelreg gesels

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maryna Botha, ’n direkteur by STBB, sal een van die sprekers wees by Die Burger se deeltiteloggend met die tema “Die ABC van Deeltitelreg”.
Maryna Botha, ’n direkteur by STBB, sal een van die sprekers wees by Die Burger se deeltiteloggend met die tema “Die ABC van Deeltitelreg”.

Krap jy kop oor die algemene beginsels van die deeltitelreg of het jy ’n spesifieke vraag oor die ontwikkeling, bewoning, benutting en bestuur van deeltitelskemas?

Het jy onlangs in ’n deeltitelskema belê en wonder jy dalk wie of wat ’n regspersoon is, oor die rol van die trustees – óf wie moet pa staan vir ’n lekkende waterpyp? En hoe gemaak met sonde tussen die bure?

Kom luister dan gerus na die kenners Lizelle Kilbourn en Maryna Botha by Die Burger se eerste deeltiteloggend, “Die ABC van Deeltitelreg”, op Donderdag 6 Junie.

Die geleentheid word by die Devon Valley-hotel buite Stellenbosch aangebied en beloof om interessant en leersaam te wees.

Lizelle Kilbourn is 'n konsultant in regsopleiding en navorsing by STBB. Sy’s ook die skrywer van "The ABC of Conveyancing".

Kilbourn het in 2003 by die regsfirma STBB in Kaapstad aangesluit waar sy sedertdien as konsultant by regsopleiding en navorsing betrokke is. Sy is die outeur van die Juta-publikasie The ABC of Conveyancing en haar belangstellingsveld is deeltitelreg en die reg met betrekking tot aftreeoorde.

Botha, weer, is ’n direkteur by STBB en ’n kenner en adviseur rakende ondernemings se nakomingsverpligtings wat in wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting opgelê word.

Beide Botha en Kilbourn skryf Die Burger se immergewilde rubriek, “Deeltitelforum”, wat al vir dekades lank in die koerant se Eiendomme-bylae verskyn.

Martin Smuts is ’n kenner van deeltitelversekering.

’n Kenner van deeltitelversekering, Martin Smuts, sal ook ’n kort aanbieding lewer.

Wat moet jy weet?

Die kaartjies kos R750 per persoon en sluit ’n volle buffetontbyt, koffie, tee, ’n ligte versnapering en ’n klein geskenksak in. Die aanbiedings word in Afrikaans gedoen. Daar sal tyd ingeruim word om voorbereide vrae te behandel.

Aankoms is om 08:15, waarna die program om 08:30 ’n aanvang neem. Die geleentheid duur tot 12:30.

Die kaartjies word op Quicket by die skakel https://qkt.io/CCNviN verkoop.

Vir meer inligting en ander navrae, stuur gerus e-pos na samantha.vandenberg@media24.com.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Netherlands 113/7
Ireland 150/8
Rand - Dollar
18.33
-0.8%
Rand - Pond
23.29
-0.0%
Rand - Euro
19.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Goud
2,414.25
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos