Min is bekend oor die vrou wat in Maart vanjaar mev. Mashatile geword het kort nadat Paul Mashatile as Suid-Afrika se adjunkpresident ingehuldig is.
Maar met die sagte bedankingstoespraak wat die jong Humile (37) op die onlangse Brics-beraad in Johannesburg gelewer het, bevind sy haarself al hoe meer in die kollig.