Deel

Verdagte in moordsaak wag nog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wyle Estelle Eksteen
Wyle Estelle Eksteen

Sedert die eerste hofverskyning van die man wat verdink word van die moord op die Langebaan-inwoner Estelle Eksteen (61) in Maart vanjaar, is sy borgaansoek steeds nie afgehandel nie.

Anthony Jacobs (51) is op Donderdag 14 Maart weens die moord op Eksteen aangekeer – slegs vier dae nadat haar liggaam op 10 Maart in haar huis in Sunbird-rylaan deur haar man en seun ontdek is.

Eksteen het verskeie messteekwonde aan haar lyf gehad en is ook glo verwurg.

Jacobs het sedert sy inhegtenisneming al verskeie kere in die hof verskyn. Sy borgaansoek het op Vrydag 15 Maart begin, maar is weens getuienis wat nog gelewer moet word, nog nie voltooi nie.

Die staatsaanklaer, Dolf Nel, het bevestig Jacobs is steeds in aanhouding. Hy sal op Vrydag 10 Mei weer in die hof verskyn.

Die polisiewoordvoerder AO Joseph Swartbooi het intussen bevestig die ondersoek na die moord duur voort.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.07
+0.7%
Rand - Pond
22.94
+1.5%
Rand - Euro
19.64
+1.7%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+1.4%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Goud
2,414.40
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos