Die modus operandi blyk elke keer dieselfde te wees: Waardevolle staatsgrond in Soweto word spotgoedkoop opgeraap en wanneer vrae oor dié transaksies gevra word, gooi die Johannesburgse eiendomsmaatskappy (JPC) wal.
Die JPC se merkwaardige eiendomsportefeulje – sowat 28 000 eiendomme ter waarde van R9 miljard – maak die munisipale entiteit wat ten volle deur die Johannesburg-metroraad besit word, een van dié sleutel-staatsliggame in Gauteng.
Ten spyte van die reusebates ly die JPC jaar ná jaar groot geldelike verliese en in die mees onlangse boekjaar was die verlies R34,8 miljoen.