Winkels het verbruikers nié uitgebuit toe eiers skaars geword het weens voëlgriep nie.
Dis die bevinding van die Mededingingskommissie se ekonomiese buro in die sesmaandelikse moniteringsverslag oor die prys van noodsaaklike kos (EFPM).
Dié verslag het vantevore al baie skerp kritiek gehad op kleinhandelaars, onder meer oor die prys van knoffel wat tydens die Covid-19-pandemie skerp gestyg het.