Toe hy in September 2022 verneem dat konstruksie aan die gang is op twee baie gesogte erwe in Soweto, was hy uit die veld geslaan omdat hy geweet het dié grond behoort aan die Johannesburg-metro.
En nog groter was Bakang Khumalo se verbasing toe hy by die akteskantoor wou uitvind wat aangaan en daar hoor die metro het dié erwe van 8 996 m2 in Power Park al in Augustus 2020 vir R109 009 aan ’n maatskappy met die naam Imcapath verkoop.
Só lui die beëdigde verklaring wat dié sakeman in November 2022 by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien het.