Funzi Ngobeni, ActionSA se premierskandidaat in Gauteng, en Hluphi Gafane, voorsitter van die jeugforum, is Dinsdagaand in Centurion gekaap en ontvoer, sê die party in ’n verklaring.
Hulle is ure later in Benoni gevind, sê Michael Beaumont, ActionSA se nasionale voorsitter.
“Hulle is omstreeks 19:00 in Olievenhoutbosch gekaap en deur die kapers aangehou.”