Die “ongegronde bewerings” van ’n “verkragdag” by ’n bekende hoërskool aan die Wes-Rand het veral onder die meisies in dié skool “paniek gesaai”.
Dit is egter louter snert, sê Jooste Henning, voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein.
Ouers het vroeër aan Netwerk24 gesê hulle is bekommerd oor hul dogters se veiligheid nadat ’n “verkragtingslys” glo op ’n kennisgewingbord by die skool opgesit is.