Die Ahmed Kathrada-stigting meen oudpres. Jacob Zuma is nie geskik om in die parlement te dien nie. Daarom ondersteun hy die Verkiesingskommissie (OVK) se saak in die konstitusionele hof oor of Zuma in aanmerking kan kom om ’n MK-LP te word.
Die stigting, Corruption Watch en die grondwetwaghond Casac is as vriende van die hof toegelaat.
Die drie organisasies meen dis van die uiterste belang dat die konstitusionele hof duidelikheid verskaf oor Zuma se moontlike kandidaatskap.