Deel

BEPALINGS | Beeld Baba van die Jaar 2023

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

BEPALINGS & VOORWAARDES: Beeld Baba van die Jaar 2023

1.1 Die kompetisie word aangebied deur Media24 Nuus (Beeld).

1.2 Medeborge van Baba van die Jaar 2023-kompetisie:

* Sealy

* Kiddies Aqua Swimming Academy

* Bennetts

* TO Strand Beach Resort

* 4aKid* Ollie die Singende Nar

* Simply Bee

1.3 Kompetisie duur van 9 Junie 2023 tot 27 Maart 2024.

1.4 Die baba moet jonger as 12 maande wees om te kan deelneem. Die keuse berus by jou vir watter maand jy jou baba wil inskryf, solank die baba nog nie sy/haar eerste verjaardag gevier het voor/op die sluitingsdatum vir die betrokke maand waarvoor julle inskryf nie. ’n Baba mag net een keer inskryf. Babas wat nie in die maand waarvoor hul ingeskryf het gepubliseer is nie en teen die volgende maand se sluitingsdatum nog jonger as 12 maande oud is, se inskrywing kom outomaties weer in aanmerking.

1.5 Beeld behou die reg voor om ’n inskrywing weer te publiseer in ’n ander groep, mits die baba nog nie 12 maande oud is nie.

1.6 Beeld behou die reg voor om ’n geboortesertifikaat aan te vra.

1.7 Nie alle inskrywings sal gepubliseer word nie en is onderhewig aan ’n keuringsproses. 

1.8 Foto’s word slegs in Beeld, op Netwerk24 en op die koerant se sosiale mediaplatforms gepubliseer. 

1.9 Indien jy buite Beeld se verspreidingsgebied val, is jy self verantwoordelik om dié koerant te bekom.

1.10 Slegs Suid-Afrikaanse burgers met ’n geldige ID-dokument mag deelneem.

1.11 Die baba wat die meeste punte vir sy/haar maand gekry het, word as ’n finalis aangewys.

1.12 Beeld se Baba van die Jaar 2023, sowel as die tweede en derde plekke, sal uit die 12 maandwenners aangewys word. Die jaarwenners sal in 2024 by ’n ontbyt in Gauteng aangewys word.

1.13 ’n Finalis moet by die ontbyt teenwoordig wees om as Beeld se Baba van die Jaar 2023 aangewys te word.

1.14 Geen werknemer of familielede van die borge of Media24 mag deelneem nie.

1.15 Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wie se ouers in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot inhegtenisneming, hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisieondersoek, en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.

1.16 Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.

1.17 Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak nie. 

1.18 Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur Beeld en/of borge gekontak mag word.

1.19 Deelnemers aan die kompetisie verleen toestemming aan Beeld en medeborge van die kompetisie om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

1.20 Met die deelname aan die kompetisie verskaf u aan Beeld en of borge van die pryse toestemming om die baba se foto te publiseer.  

1.21 Media24 Nuus (Beeld) waarborg oor die algemeen nie die volgende nie:    

* Dat deelname aan die kompetisie summier sal lei tot die wen van 'n prys nie. 

* ’n Prys of enige aspek daarvan aan jou, of waar van toepassing aan jou verwagtinge of vereistes, voldoen nie.    

* ’n Prys of enige aspek daarvan bevredigend, tydig, sonder defekte, veilig of betroubaar is nie. 

* Media24 Nuus (Beeld) en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eisverwante voorvalle nie. 

1.22 Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die kompetisie gevoer nie.

1.23 Pryse is nie onderhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie. Die wenner se ouers het die reg om die prys van die hand te wys.

1.24 Reis- en enige ander bykomende kostes is vir die wenner se ouers se eie rekeninge.

1.25 Beeld behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander.

1.26 Beeld behou die reg voor om die kompetisie te enige tyd te staak/beëindig.

1.27 Beeld behou die reg voor om pryse te enige tyd aan te pas of te kanselleer.

1.28 Die kompetisie word gereguleer deur Suid-Afrikaanse wetgewing.

HOE DIE KOMPETISIE WERK

Skryf só in:

1. Verstrek die volgende in ’n Word-dokument:

a) Die baba se naam en van:

b) Die baba se geboortedatum:

c) Die geslag van die baba:

d) Die baba se ouers se name en vanne:

e) Ouers se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers):

f) Woonadres:

2. Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument: 

a) In watter hospitaal is die baba gebore en hoe laat?

b) Hoe het julle op jul kleinding se naam besluit?

c) Vertel iets interessant of spesiaal van die baba se geboorte/geboortedag.

d) Die hoeveelste kind is dit in die gesin?

e) Wat is jul droom vir jul baba?

3. Heg ’n duidelike kleur- of swart-en-wit gesigfoto van die baba aan in jpeg-formaat. Die foto moet ’n minimum van 1MB of groter wees. In die geval van ’n tweeling (of meer babas) moet steeds slegs een foto gestuur word waarop al die babas verskyn.

4. E-pos inskrywings aan babas@beeld.com. Tik die naam en van van die baba sowel as die blok waarvoor julle inskryf, in die onderwerplyn.

5. Onvolledige inskrywings en inskrywings wat nie aan die reëls voldoen nie, word outomaties gediskwalifiseer. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. Hou by die sperdatums. Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.

STEMPROSESSE

Wanneer ’n baba se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbaba stem deur:

PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS die woord “BABA”, jou gunstelingbaba se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres aan 35986.  Die SMS-lyn sal oop bly soos per skedule (“Belangrike datums - Sluitingdatum vir stemme”). Die lyn sluit om 12:00.  Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BABA, Dian Zietsman, Tanya Schoeman, Randburg, tanya.schoeman@media24.com.

Met stemproses 1 verleen deelnemers aan die kompetisie met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Beeld en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.Daar is geen beperking aan die hoeveelheid SMS’e per selfoonnommer nie.

Sou ’n baba vir ’n tweede keer gepubliseer word, sal SMS-stemme reeds ontvang nie in aanmerking geneem word nie.

PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerant-stemme vir ‘n baba kan op die dag van publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan ‘n organisasie van sy keuse skenk.

Sou ’n baba vir ’n tweede keer gepubliseer word, sal koerantstemme reeds aangekoop, wel in ag geneem word.

PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbaba se foto uit die koerant (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier aan: Baba van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, 272 Pretoria Laan, Ferndale, Randburg, 2194.

Stemme moet ons bereik teen/voor die groep se stemme-sperdatum om 12:00 soos in die skedule uiteengesit. Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme, om watter rede ookal nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld vir babas wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Jy kan soveel kere stem as wat jy wil. 

Die baba met die meeste punte vir die maand sal as die wenner aangewys word.

PRYSE OP DIE SPEL

Elke groepwenner wen:

* ’n Geskenkpak ter waarde van R1 300 van Bennetts.

* ’n Geskenkbewys ter waarde van R500 van 4aKid.

* TO Strand-wegbreek van 3 nagte.

* ’n Gasverskyning deur Ollie die Singende Nar by die baba se verjaardagpartytjie ter waarde van R2 000. Besprekings moet gemaak word volgens Ollie se beskikbaarheid. R5 per km buite Pretoria is betaalbaar deur die wenner se ouers (nie onderhandelbaar nie).

* Kiddies Aqua Swimming Academy bied een maand se gratis swemlesse in hul selfreddingswaterveiligheidsprogram vir babas of hul Leer om te swem-program (afhangende van die wenner se ouderdom). Die program sluit ’n gratis swemsak en swempet in. Na voltooiing van die program ontvang die baba ’n goue gemonteerde muntstuk. As die wenner nie in staat is om van die prys by een van hul takke gebruik te maak nie, ontvang hy/sy ’n kontantbedrag van Kiddies Aqua Swimming Academy ter waarde van R750.

* Simply Bee-geskenkpak.

Beeld se Baba van die Jaar 2023-DERDEPLEKWENNER wen:

* ’n Kontantprys ter waarde van R1 000 van Beeld.

* Bennetts-produkte ter waarde van R2 500.

* ’n Geskenkbewys ter waarde van R600 van 4aKid.

* ’n Sealy “SINGLES”-bed met eksklusiewe Posturepedic-tegnologie.

* Kiddies Aqua Swimming Academy bied vier maand se gratis swemlesse in hul selfreddingswaterveiligheidsprogram vir babas of hul Leer om te swem-program (afhangende van die wenner se ouderdom). Die program sluit ’n gratis swemsak en swempet in. Na voltooiing van die program ontvang die baba ’n goue gemonteerde muntstuk. As die wenner nie in staat is om van die prys by een van hulle takke gebruik te maak nie, ontvang hy/sy ’n kontantbedrag van Kiddies Aqua Swimming Academy ter waarde van R2 000.

* Simply Bee-geskenkpak.

Beeld se Baba van die Jaar 2023-NAASWENNER wen:

* ’n Kontantprys van R2 500 van Beeld.

* Bennetts-produkte ter waarde van R5 000.

* ’n Geskenkbewys ter waarde van R800 van 4aKid.

* ’n Sealy “SINGLES”-bed met eksklusiewe Posturepedic-tegnologie.

* Kiddies Aqua Swimming Academy bied vier maand se gratis swemlesse in hul selfreddingswaterveiligheidsprogram vir babas of hul Leer om te swem-program (afhangende van die wenner se ouderdom). Die program sluit ’n gratis swemsak en swempet in. Na voltooiing van die program ontvang die baba ’n goue gemonteerde muntstuk. As die wenner nie in staat is om van die prys by een van hul takke gebruik te maak nie, ontvang hy/sy ’n kontantbedrag van Kiddies Aqua Swimming Academy ter waarde van R2 000.

* Simply Bee-geskenkpak.

Beeld se Baba van die Jaar 2023-WENNER wen:

* ’n Kontantprys ter waarde van R5 000 van Beeld.

* Bennetts-produkte ter waarde van R7 500.

* ’n Geskenkbewys ter waarde van R1 000 van 4aKid.

* ’n Sealy “SINGLES”-bed met eksklusiewe Posturepedic-tegnologie.

* TO Strand-wegbreek van 7 nagte.

* ’n Gasverskyning deur Ollie die Singende Nar by die baba se verjaardagpartytjie ter waarde van R7 000. Besprekings moet gemaak word volgens Ollie se beskikbaarheid. R5 per km buite Pretoria is betaalbaar deur die wenner se ouers (nie onderhandelbaar nie).* Kiddies Aqua Swimming Academy bied vier maand se gratis swemlesse in hul selfreddingswaterveiligheidsprogram vir babas of hul Leer om te swem-program (afhangende van die wenner se ouderdom). Die program sluit ’n gratis swemsak en swempet in. Na voltooiing van die program ontvang die baba ’n goue gemonteerde muntstuk. As die wenner nie in staat is om van die prys by een van hul takke gebruik te maak nie, ontvang hy/sy ’n kontantbedrag van Kiddies Aqua Swimming Academy ter waarde van R2 000.

* Simply Bee-geskenkpak.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Japan 0
Mangolia 0
Rand - Dollar
18.59
-0.1%
Rand - Pond
23.20
+0.0%
Rand - Euro
19.96
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Platinum
981.10
+0.4%
Palladium
957.66
+0.1%
Goud
2,314.56
+0.3%
Silwer
27.64
+1.1%
Brent-ruolie
83.58
+0.5%
Top-40
70,878
-0.1%
Alle aandele
77,072
-0.1%
Hulpbronne 10
60,600
-0.5%
Industriële 25
107,935
+0.3%
Finansiële 15
16,709
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos