Deel

BEPALINGS | Beeld Bruid van die Jaar 2023 in samewerking met World Leisure Holidays

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

BEPALINGS & VOORWAARDES: Beeld Bruid van die Jaar 2023 in samewerking met World Leisure Holidays 

1.1 Die kompetisie word aangebied deur Media24 Nuus (Beeld).

1.2 Kompetisie duur van 16 Junie 2023 - 16 Mei 2024.

1.3 Medeborge van die Bruid van die Jaar 2022-kompetisie:

* World Leisure Holidays (medenaamborg)

* Sealy

* TO Strand

* Will and Jacob Watch Collection

* Hannon

* Wedding & Lifestyle Hub SA

1.4 Met deelname verskaf jy aan Beeld en medevennote/borge van die kompetisie toestemming om:

a) jou foto te publiseer;

b) van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan jou te bemark; en

c) dat jy gekontak mag word. 

1.5 Jy moet/moes in 2023 trou of getrou het om te kan deelneem.

1.6 Jy mag net inskryf vir die maand waarin jy getroud is. 

1.7 Beeld behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra. 

1.8 Slegs Suid-Afrikaanse burgers met ’n geldige ID-dokument mag deelneem. 

1.9 Deelnemers moet bo 18 jaar van ouderdom wees. 

1.10 Nie alle inskrywings sal gepubliseer word nie en is onderhewig aan ’n keuringsproses. 

1.11 Die drie maandelikse voorloperbruide dring deur na die eindronde by die gala-aand in 2024. Daar word nie ’n maandwenner aangewys nie. 

1.12 Indien jy buite Beeld se verspreidingsgebied val, is jy self verantwoordelik om dié koerant te bekom. 

1.13 Geen werknemer of familielede van die borge of Media24 mag deelneem nie.

1.14  Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se inhegtenisneming, hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan ’n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie. 

1.15 Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie. 

1.16 Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak nie.  

1.17 Media24 Nuus (Beeld) waarborg oor die algemeen nie die volgende nie:

* Dat u inskrywing in die kompetisie summier sal lei tot die wen van ’n prys.

* ’n Prys of enige aspek daarvan aan jou, of waar van toepassing aan jou verwagtinge of vereistes, voldoen nie.

* ’n Prys of enige aspek daarvan bevredigend, tydig, sonder defekte, veilig of betroubaar is.

* Media24 Nuus (Beeld) en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eisverwante voorvalle nie.  

1.18 Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die kompetisie gevoer nie.

1.19 Met die kroningsdag word daar van die bruide verwag om ‘n voldagsessie saam met beoordeelaars by te woon, waar die wenner bepaal sal word.  Die aand is ’n semi-formele funksie saam met die bruid, haar man en hulle genooide gaste. 

1.20 Daar sal van die drie maandelikse voorloperbruide verwag word om aan die einde van die jaarsiklus by die jaarlikse kroningsgeleentheid in Gauteng teenwoordig te wees, waar die jaarwenner aangekondig word. Sou 'n finalis om enige rede nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar asook alle pryse, aangesien dit oorgedra sal word aan die bruid wat haar plek oorneem. 

1.21 Pryse is nie onderhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.  Wenners het die reg om die prys van die hand te wys. 

1.22 Reis- en enige ander bykomende kostes is vir die bruide se eie rekeninge.

1.23 Beeld behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander. 

1.24 Beeld behou die reg voor om die kompetisie te enige tyd te staak/beëindig. 

1.25 Beeld behou die reg voor om pryse te enige tyd aan te pas of te kanselleer. 

1.26 Die kompetisie word gereguleer deur Suid-Afrikaanse wetgewing. 

SKRYF SÓ IN

1. Verstrek die volgende inligting in 'n Word-dokument:

a) Troudatum

b) Bruid se naam en getroude van

c) Bruidegom se naam en van

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers)

e) Woonadres

2. Beantwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument: 

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c)  Watter beroepe beoefen julle?

d)  Wat is jul belangstellings?

e)  Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?

f)  Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g)  Wat was jou hoogtepunt van die troue?

3. Troufoto's: Heg kleur- of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1MB groot wees.  

* Kop-en-skouerfoto van die bruid

* Vollengtefoto van die bruid

* Foto van die egpaar

4. Dit is die persoon wat inskryf of namens ’n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat aan ons verskaf word, akkuraat en volledig is.

5. Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.

6. E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag aan bruide@media24.com gestuur word. Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.

SKRYF IN OP EN VOOR DIÉ DATUMS 

Januarie-bruide: 16 Junie 2023

Februarie-bruide: 7 Julie 2023

Maart-bruide: 28 Julie 2023

April-bruide: 25 Augustus 2023

Mei-bruide: 22 September 2023

Junie- en Julie-bruide: 20 Oktober 2023

Augustus-bruide: 17 November 2023

September-bruide: 19 Januarie 2024

Oktober-bruide: 16 Februarie 2024

November-bruide: 15 Maart 2024

Desember-bruide: 12 April 2024

STEMPROSESSE

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers vir hul gunstelingbruid stem deur: 

PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS die woord “Bruid”, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en e-posadres aan 35986.  

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag ná die bruide se foto's in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BRUID, Sannie Smit, Tanya Schoeman, Randburg, tanya.schoeman@media24.com.

Met stemproses 1 verleen deelnemers aan die kompetisie met hul SMS’e toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

Daar is geen beperking aan die hoeveelheid SMS’e per nommer nie. 

PROSES 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerantstemme vir ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag na publisering by Tanya Schoeman aangekoop word (tanya.schoeman@media24.com). Beeld sal die koerante aan ’n Beeld-projek skenk. 

PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit die koerant (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier aan: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, 272 Pretoria Laan, Ferndale, Randburg, 2194.

Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Bruid van die Jaar, Bemarking, 2de Vloer, 272 Pretoria Laan, Ferndale, Randburg, 2194.

Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag ná die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word. 

Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme betyds in te dien en Beeld neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme, om watter rede ookal nie. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie. Dieselfde prosedure geld vir bruide wat buite Beeld se verspreidingsgebied val en wil deelneem.

Drie maandelikse voorloperbruide word aangewys!

PRYSE OP DIE SPEL 

* Beeld se Bruid van die Jaar 2023-WENNER wen:

* R10 000 kontant, geborg deur Beeld

* World Leisure Holidays gee aan die wenner verblyf van 7 nagte in Mauritius, vliegkaartjies en belasting ingesluit, by ’n oord van World Leisure Holidays se keuse.

* ’n Sealy- koningingrootte matras- en basisstel.

* TO-Strand gee 7 nagte se verblyf in ’n selfsorgeenheid vir 5 persone wat deel.

* Will and Jacob horlosie.

* ‘n prys van Hannon se skoonheidsprodukte plus ‘n aanlyn afspraak sal gemaak word om die regte produkte vir haar vel te bepaal.

* Wedding & Lifestyle Hub SA het ook vir die bruide nog pryse bekom om hulle behoorlik te kan bederf.

Beeld se Bruid van die Jaar 2023-NAASWENNER wen:

* R6 000 kontant, geborg deur Beeld

* World Leisure Holidays gee aan die wenner verblyf van 7 nagte in Mauritius, vliegkaartjies en belasting ingesluit, by ’n oord van World Leisure Holidays se keuse.

* ’n Sealy- koningingrootte matras- en basisstel.

* Will and Jacob horlosie.

* ‘n prys van Hannon se skoonheidsprodukte plus ‘n aanlyn afspraak sal gemaak word om die regte produkte vir haar vel te bepaal.

* Wedding & Lifestyle Hub SA het ook vir die bruide nog pryse bekom om hulle behoorlik te kan bederf.

Beeld se Bruid van die Jaar 2023-DERDEPLEKWENNER wen

* R4 000 kontant, geborg deur Beeld.

* World Leisure Holidays gee aan die wenner verblyf van 7 nagte in Mauritius, vliegkaartjies en belasting ingesluit, by ’n oord van World Leisure Holidays se keuse.

* ’n Sealy- koningingrootte matras- en basisstel.

* Will and Jacob horlosie.

* ‘n prys van Hannon se skoonheidsprodukte plus ‘n aanlyn afspraak sal gemaak word om die regte produkte vir haar vel te bepaal.

* Wedding & Lifestyle Hub SA het ook vir die bruide nog pryse bekom om hulle behoorlik te kan bederf.

Ander 9 finaliste (word by die gala-aand in 2024 bepaal en uitgegee):

* TO-Strand gee 3 midweek-nagte se verblyf in ’n selfsorgeenheid vir 5 persone wat deel.

* Die nege finaliste wat nie onder die top drie eindig vir die jaar ontvang ‘n prys van Hannon se skoonheidsprodukte.  Daar sal met elk van die bruide ‘n aanlyn afspraak gemaak word om die regte produkte vir haar vel te bepaal.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.15
+0.1%
Rand - Pond
23.07
-0.6%
Rand - Euro
19.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Platinum
1,095.18
+0.1%
Palladium
1,018.26
+0.7%
Goud
2,438.21
+1.0%
Silwer
32.34
+2.7%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos