Laura Wolvaardt het Woensdag onderstreep dat sy ’n meesterlike krieketspeler is deur die hoogste telling tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaanse vrou in ’n eendagwedstryd aan te teken.
Die 24-jarige Wolvaardt, die Proteas se kaptein en aanvangskolwer, het 184 onoorwonne lopies van 147 balle (23x4, 4x6) in die derde eendagwedstryd teen Sri Lanka in Potchefstroom aangeteken.
Dit is haar sewende honderdtal in eendagkrieket – en haar tweede agtereenvolgende een nadat sy dié prestasie ook die afgelope naweek behaal het.