’n Maatskappy van adj.pres. Paul Mashatile se skoonseun, Nceba Nonkwelo, het in Junie 2008 ses erwe in die Johannesburgse middestad vir R12 miljoen gekoop.
Skaars agt maande later, in Februarie 2009, het hy dieselfde eiendom in Nieu-Doornfontein volgens akterekords vir R45 miljoen verkoop aan twee maatskappye wat aan die omstrede sakeman Zunaid Moti behoort.
Hoe het die waarde van dié spesifieke eiendom in agt maande byna vervierdubbel, wou Netwerk24 by Moti en Nonkwelo weet.