Deel

Lasbrief uit nadat sanger beskermingsbevel oortree

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ivan van der Merwe (39)
Ivan van der Merwe (39)

’n Lasbrief vir die inhegtenisneming van ’n bekende sanger in die Weskus en Kaapstad is Vrydag (19 April) in Kaapstad uitgereik.

Die rasperstemsanger Ivan van der Merwe (39) word gesoek omdat hy na bewering ’n beskermingsbevel se bepalings oortree het. Sy voormalige lewensmaat, Sune Huysamen (33), het op Vrydag 24 November 2023 ’n aanklag van ernstige aanranding teen hom aangemeld.

Van der Merwe tree vermoedelik in die Pretoria-omgewing op.

Huysamen het die beskermingsbevel verlede Vrydag (12 April) teen Van der Merwe verkry omdat hy na bewering in stem- en teksboodskappe gedreig het om haar seer te maak as sy nie die aanrandingsaak teen hom terugtrek nie.

Hy eis ook glo dat sy haar weergawe van die gebeure in die openbaar terugtrek.

’n Week later het Huysamen, na wat verneem word, ’n dreigende e-pos van Van der Merwe gekry wat die bepalings van die beskermingsbevel oortree.

Die polisie kon Van der Merwe nog nie in die hande kry om die inhegtenisneming uit te voer nie.

Van der Merwe se pa, Leonardus Johannes van der Merwe (67) van Vanrhynsdorp, is saam met hom aangekla van ernstige aanranding.

Die mans het Huysamen na bewering erg aangerand tydens ’n stryery verlede jaar.

Die verhoor oor die aangeleentheid begin Woensdag 22 Mei in die Vanrhynsdorp-landdroshof.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.10
+0.4%
Rand - Pond
23.00
+0.4%
Rand - Euro
19.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Platinum
1,054.65
+0.3%
Palladium
1,028.50
-0.0%
Goud
2,429.71
+0.2%
Silwer
32.00
+1.0%
Brent-ruolie
83.71
-0.3%
Top-40
73,404
-0.5%
Alle aandele
79,767
-0.4%
Hulpbronne 10
64,448
-0.5%
Industriële 25
110,030
-0.6%
Finansiële 15
17,303
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos