Vier sakemanne met politieke bande en van wie sommige kontrakte ter waarde van miljarde by die staat gekry het, blyk deel te wees van ’n binnekring van entrepreneurs wat miljoene betaal het om ’n vorige minnares van adj.pres. Paul Mashatile se leefstyl te onderhou en tot haar motor terug op die pad te kry.
News24 het onthul dat die sakemanne Teddy Greaver, wyle Mpho Moerane, Mandla Mlangeni en Vinesh Reathlall na bewering saam miljoene betaal het om Mashatile se voormalige minnares Gugu Nkosi se leefstyl te onderhou.
By minstens twee geleenthede in November verlede jaar het Mashatile vir Nkosi in WhatsApp-boodskappe gesê ’n vyfde sakeman, die boubaron Reggie Kukama, wat ’n vriend van die adjunkpresident is, sal R155 000 betaal om die skade aan haar 2015-Porsche Cayenne SNV te laat herstel.