Deel

Sepie-nuus: Dís waarna jy hierdie week kan uitsien op die kassie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hulle is soos familie – meer as net die karakters wat meeste weeksdae op ons kassie kuier.

Van Binnelanders tot Arendsvlei, ons sit vasgenael voor ons TV-skerms om te sien hoe die drama ontvou. Hier is wat hierdie week op kykNET en kykNET&kie se sepies vir jou voorlê – jy wil dit nie misloop nie:

Binnelanders

Maandag, 25 Maart

Dawid stel Delia voor ’n ultimatum. Thalia se gekonkel wil ongelukkig nie resultate oplewer nie, en Gaby besluit om ’n unieke werksaanbod te aanvaar.

Dinsdag, 26 Maart

Naomi wag in spanning om te hoor of sy ’n sekere pos gekry het. Rian en Tertius moet ’n moeilike besluit oor Mimi se toekoms neem, en Liam is bekommerd oor sy pa.

Woensdag, 27 Maart

Louis en Naomi beweeg ’n tree nader aan mekaar. Brandon neem ’n besluit wat Delia kan bevoordeel, en Gaby en Rian sit vas.

Donderdag, 28 Maart

Naomi en Louis se verhouding verbeter. Rian ontferm hom oor Gaby wat lig aan die einde van die tonnel begin sien, en dit lyk asof Elise se plan kan werk.

Vrydag, 29 Maart

Gaan Naomi en Louis dit maak? Dawid het ’n openlike gesprek met Delia. Liam konfronteer Steve, en Steve is bekommerd dat iemand gaan bedank.

  • Weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Suidooster

Maandag, 25 Maart

Bridgette is geïrriteerd met Tim wat druk op Zoë plaas, terwyl Rhafiek weer ontsteld is oor Sammy. Lee-Ann maak ’n voorstel aan Ty, maar dan neem hy ’n skokkende besluit.

Dinsdag, 26 Maart

Ty en Lee-Ann het moeilike besluite om te neem. Tim plaas druk op ’n familielid om sy plan verder te voer, terwyl beide Rhafiek en Sammy wil vergoed vir hulle gedrag.

Woensdag, 27 Maart

Mymoena is bekommerd dat Sammy Islam vir die verkeerde rede volg. Tim is vasberade om ’n familielid verder te gebruik om sy doel te bereik. Ty neem ’n roekelose besluit.

Donderdag, 28 Maart

Tim nader vir Siya met ’n onmoontlike versoek, terwyl Zoë nie meer weet wat om te glo nie. Sammy deel iets met Mymoena wat haar asem wegslaan, en Ty doen iets skokkend.

Vrydag, 29 Maart

Ty maak die meeste van Goeie Vrydag. Siya vertel vir Zoë die waarheid en Sammy kry Mymoena se antwoord.

  • Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Diepe waters

Maandag, 25 Maart

Sanet is bang dat Mari se ontstellende gedrag ’n wig tussen haar en Ben sal dryf. Felicity slaag daarin om vir Arno te manipuleer.

Dinsdag, 26 Maart

Thandi het haar eerste beradingssessie met Sam. Charity het vrese oor kontak maak met haar pa. Sal die donker binne Mari die lig kan sien?

Woensdag, 27 Maart

Charity en Arno kry slegte nuus. Mari skok almal deur ’n spesiale geleentheid vir Sanet te reël. Thandi maak ’n deurbraak met Sam.

Donderdag, 28 Maart

Karla voel uit haar diepte uit met Arno se hartseer. Thandi se besigheid floreer, maar Zelda gee haar ’n ultimatum. Valencia ontdek iets kommerwekkend.

  • Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Arendsvlei

Maandag, 25 Maart

Adam trek by die Galant-huis uit. Lee-Roy het ’n ernstige gesprek met Janice en Lionel. Eva het goeie nuus vir Lennie. Daar is struweling tussen Lee-Roy en Devon.

Dinsdag, 26 Maart

Lennie is angstig oor Eva se paroolverhoor. Bompie en Rachel se aantrekking na mekaar word al hoe duideliker. Lee-Roy bly skepties oor Devon se metodes van klasgee.

Woensdag, 27 Maart

Eva sien uit na haar vryheid. Lee-Roy is gefrustreerd met Devon se inmengery. Bompie is siek van Rachel se speletjies.

Donderdag, 28 Maart

Rachel en Bompie se passie vir mekaar raak gevaarlik. Janice en Beatrice verskil oor Adam se kans om Hoërskool Arendsvlei by te woon. Eva maak ’n besluit wat haar in gevaar kan stel.


Is jy ons 14de Voorbladgesig-wenner? Tussen 1949 en 2008 gebore? Skryf in in jóú dekade

Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste.  

Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig? Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja! 

Onthou, jy skryf in nét op sosiale media (Facebook of Instagram) of by die vorm hierbo hierdie jaar en inskrywings is slegs oop in Maart-maand. 

Klik hier vir meer inligting.

In trotse samewerking met Isa Carstens AkademieNetwerk24Inoar South Africa en Ontbytsake


JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees