Deel

Sepie-nuus: Dís waarvoor jy kan uitsien op die kassie hierdie week

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hulle is soos familie – meer as net die karakters wat meeste weeksdae op ons kassie kuier.

Van Binnelanders tot Arendsvlei, ons sit vasgenael voor ons TV-skerms om te sien hoe die drama ontvou. Hier is wat hierdie week op kykNET en kykNET&kie se sepies vir jou voorlê – jy wil dit nie misloop nie:

Binnelanders

Maandag, 18 Maart

Karen probeer haar bes om ’n moedelose Gaby op te beur, Delia is bang sy het valse verwagtinge geskep, en Tertius ontvang ’n ontstellende brief. 

Dinsdag, 19 Maart

Tertius is nie seker of hy oop kaarte met Conrad moet speel nie. Die standaarde by Tonik val daagliks, en Uys waarsku Liam oor sy nuwe verhouding. 

Woensdag, 20 Maart

Thalia is ontsteld omdat Louis vir Naomi vermy. Conrad is oortuig Tertius en Tracy voer iets in die mou, en Steve sê iets wat Delia ontstel. 

Donderdag, 21 Maart

Gaby probeer nader aan Rian kom, en Steve en Conrad besluit ’n sekere liefdeskontrak moet geteken word. Naomi bieg dat sy nie vir Louis wil verloor nie. 

Vrydag, 22 Maart

Daar is ’n klopjag by die oorplantingseenheid, en Delia ontbied vir Dawid. Gaby raak desperaat en Rian kom op met ’n voorstel. ’n Aandete raak baie ongemaklik. 

  • Weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Suidooster

Maandag, 18 Maart

Die spanning tussen tussen Zoë en Bridgette bou verder op. Wade sien gevaarligte flikker oor Ty, terwyl Mymoena en Sammy ’n intieme oomblik deel.

Dinsdag, 19 Maart

Bridgette worstel met ‘n groot besluit, wat verreikende gevolge vir haar kan hê. Mymoena voel skuldig oor haar oomblik met Sammy.

Woensdag, 20 Maart

Mymoena moet ’n baie groot besluit neem, en haar kinders het sterk gevoelens daaroor. Bridgette doen iets drasties, terwyl Ty en sy gesin ’n baie emosionele dag beleef.

Donderdag, 21 Maart

Lee-Ann soek antwoorde. Danni mis haar huis en ’n onverwagte besoeker daag by Bridgette se huis op.

Vrydag, 22 Maart

Ty verloor weer sy humeur, terwyl Mymoena ’n moeilike gesprek met haar kinders het. ‘n Hoofstuk in Ruiterbosch se geskiedenis word afgesluit. 

  • Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)


Diepe waters

Maandag, 18 Maart

Felicity word gekonfronteer met ‘n skokkende waarheid. Henry en Lettie geniet elkeen hulle aandjie uit voor die troue.

Dinsdag, 19 Maart

Mari maak dit duidelik dat sy wil nie hê Ben moet hom oorhaastig in enigiets begewe nie. Arno onthul aan Karla dat Felicity sy ma is.

Woensdag, 20 Maart

Henry en Lettie se groot dag breek aan. Mari is woedend vir Ben. Arno en Charity sukkel met hulle nuwe realiteite.

Donderdag, 21 Maart

Die spanning tussen Sanet en Mari lei tot skokkende gebeure. Anja besef sy moet haar afrigtingstem laat hoor. 

  • Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Arendsvlei

Maandag, 18 Maart

Beatrice ontvang onverwagse hulp. Lennie deel die plan van aksie met Eva en Janice het gemengde gevoelens oor haar nuwe begin.

Dinsdag, 19 Maart

Emile en Lennie is op Tanner se spoor. Lee-Roy betrap vir Janice en Lionel in ’n ongemaklike situasie. Bompie en Rachel herontdek mekaar.

Woensdag, 20 Maart

Lennie en Emile trek vir Tanner vas. Nicolene se plaasvervanger kom by die skool aan, en maak die dames se bene lam. Adam laat nie vir Bompie toe om naby Canaan te kom nie.

Donderdag, 21 Maart

Rachel keer terug skool toe. Lee-Roy val nie vir Devon se sjarme nie. Bompie probeer om vir Adam deel van sy bende te maak.

  • Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)


Is jy ons 14de Voorbladgesig-wenner? Tussen 1949 en 2008 gebore? Skryf in in jóú dekade

Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste. 

Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig? Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja!

Onthou, jy skryf in nét op sosiale media (Facebook of Instagram) hierdie jaar en inskrywings is slegs oop in Maart-maand.

Klik hier vir meer inligting.

In trotse samewerking met Isa Carstens AkademieNetwerk24Inoar South Africa en Ontbytsake.


JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees