Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, is in ’n nuwe ondersoekverslag vrygespreek van bewerings van omkopery.
Adv. William Mokhare SC het namens die prokureursfirma TGR Attorneys in ’n ondersoekverslag van sowat 106 bladsye, wat Dinsdag aan die lig gekom het, gesê hy kon geen bewyse kry om bewerings in ’n verslag van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) te staaf wat Nzimande, Ernest Khosa, voormalige raadsvoorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), en die SAKP by omkopery van miljoene rande betrek nie.
Die ondersoek is in opdrag van die NSFAS-raad gedoen.