Deel

Koekeloer selfs die skelmste skelm in stikdonker met dié toerusting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met Thermal Africa (Display Room) se produktereeks kan veiligheidswagte in die donker sien waar die skelms wegkruip.
Met Thermal Africa (Display Room) se produktereeks kan veiligheidswagte in die donker sien waar die skelms wegkruip.
Foto: VERSKAF


Aanvanklik was termiese tegnologie grootliks ontoeganklik vir die gewone mens, maar deesdae is daar die hoogs gevorderde reeks produkte van HikMicro vir enige begroting.

Die voordeel van termiese tegnologie is dat voorwerpe, mense en diere akkuraat en vroegtydig bespeur kan word, danksy die toestel se vermoë om klein verskille in hitte te bespeur. Selfs wapens kan geïdentifiseer word en daarom kan plaasaanvalle, gewapende rooftogte en moord help voorkom word.

In die landbousektor word termiese beeldvorming gebruik om die toestand van gewasse te monitor, besproeiingsproewe op te spoor, en die impak van omgewingsfaktore op plantegroei te bepaal. Boere kan nou areas in die landerye identifiseer wat meer of minder water, voedingstowwe of plaagdoders mag benodig.

Termiese beeldvorming kan ingespan word om siektes of plae in gewasse en in vee in ’n vroeë stadium te identifiseer en sodoende skade te voorkom. Dit word ook gebruik om die watervlakke in opgaartenks en selfs die vlakke in gassilinders akkuraat te bepaal.

Daar is natuurlik groot voordeel in die jagbedryf omdat die hitte wat diere afgee met so ’n toestel gesien kan word.

Roofdierbeheer word met groot sukses toegepas danksy die akkuraatheid van die tegnologie. HikMicro se Thunder-reeks teiken jakkalse en bosvarke en is ’n gewilde keuse vir spesialiste wat roofdierbekamping doen.

Veiligheid is ’n gonswoord in Suid-Afrika. Dit is een van die land se grootse sektors en daar is meer as 6 000 geregistreerde veiligheidsmaatskappye. Die gebruik van termiese toerusting het die bedryf ’n reuse-hupstoot gegee omdat dit die bekamping van misdaad soveel meer doeltreffend gemaak het. Wagte kan in die aand sien waar die skelms wegkruip. Die boer kan sien hoeveel mense is te voet op pad na sy plaashuis of hoeveel karre staan by die grensdraad parkeer.

Die bevegting en voorkoming van misdaad met termiese toerusting is soos om Batman se wapens in jou arsenaal te hê. Die relevansie van die tegnologie is so duidelik en logies dat dit soos petrol in ’n motor se enjin moet wees, in die hande van die manne wat ons oppas.

Die Lynx-handtoestelle identifiseer mense vanaf ’n afstand van 500m tot 1,2km, terwyl die Falcon se afstand wissel van 1,2km tot 2,6km.

Die hoër termiese sensitiwiteit van die Falcon-reeks verseker ’n gedetailleerde beeld, veral wanneer daar minimale temperatuurverskille tussen die teiken en die agtergrond is. Selfs in toestande soos rook, digte mis en stofwolke of as die verdagte kamoefleerdrag dra, sal jy steeds ’n persoon op 1km kan identifiseer. Die Falcon is ’n gewilde keuse vir soek-en-reddingsaksies en die voorkoming van veediefstal.

As jy die HikMicro Explorer E20 Plus aanskaf (teen sowat R8 000), kan jy jou slimfoon in ’n termiese toestel omskep wat beweging tot op 960m kan bespeur.

Die HikMicro Falcon met sy kristalhelder beeld, hoë kontras, en kragtige digitale zoemfunksie identifiseer beweging tot op 2,6 km, selfs in gure weerstoestande.

Die HikMicro Habrok se ergonomiese ontwerp herinner aan ’n gewone verkyker, maar die ongeëwenaarde gehalte van die termiese beeldvorming verseker ’n duidelike hittebeeld van mense en diere in alle ligtoestande, selfs donker skaduwee en totale duisternis. Al kruip ’n roofdier of oortreder agter gras of bosse of bome weg, sal sy liggaamshitte sy posisie verklap, want die Habrok rus jou toe met infrarooi nagsig. Die toestelle bied ’n magdom baanbrekersfunksies, waaronder ’n 1 000m-laserafstandmeter.

HikMicro, die wêreldleier in termiese tegnologie, is die suster-maatskappy van HikVision, die grootste vervaardiger van kringtelevisieprodukte in die wêreld.

Besoek Thermal Africa (Pty) Ltd se webtuiste en ontdek ’n wye verskeidenheid termiese produkte asook dag/nag- teleskope en ander bykomstighede.

Thermal Africa (Display Room) is die invoerders en verspreiders van HikMicro se produkte in SA.

Besoek hul webwerf of stuur e-pos na info@thermalafrica.co.za


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.8%
Rand - Pond
23.26
+0.1%
Rand - Euro
19.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Platinum
1,094.50
0.0%
Palladium
1,011.50
0.0%
Goud
2,414.25
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos