Deel

Jou vrae oor Netwerk24 beantwoord

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ons antwoord algemene vrae wat gereeld deur ons lesers gevrae word.  

1. Wat kry ek nóú alles vir die intekenbedrag?  

Die beste nuus- en leefstylinhoud van die dag – soos die storie ontvou. Heeldag lank berigte oor brekende nuus, sport, sake en persoonlike finansies, leefstyl, gesondheid, kuns en vermaak deur Netwerk24 se landwye verslagspan, asook meningstukke en ontledings deur voorste rubriekskrywers en kenners.   

Netwerk24 is ook jou 'alles-op-een-plek' vir uniek geskepte kyk- en luisterinhoud, blitssepies en -komedies, podsendings en luisterboeke, en paneelbesprekings oor aktuele onderwerpe.  

Lees elke dag se koerant op hul landingsbladsye of die elektroniese weergawes van Beeld, Die Burger, Die Burger Oos-Kaap, Volksblad en Rapport op Sondae onder ‘E-publikasies’.  

Kry ook inhoud van die voorste Afrikaanse tydskrifteHuisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry & Sleep en Baba & Kleuter, insluitende die inhoud van die papiertydskrif in webformaat sodat jy dit maklik op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees.

Onder ‘E-publikasies’ kan jy ook die jongste uitgawe (en vorige uitgawes) van hierdie tydskrifte, asook Taalgenoot lees – dit lyk nes die papierweergawe.  

Plus jy kry toegang tot ‘n verskeidenheid gemeenskapskoerante, nuusbriewe met die keur van inhoud wat Netwerk24 én tydskrifte aan jou bied en die geleentheid om saam in jou taal te praat in die kommentaarafdeling onderaan elke berig.   

* LEES OOK: Meer oor ons  

2. Wat het aan die publikasie-aanbod verander?  

Landbouweekblad is nie meer deel van die Netwerk24-bondel nie. Hierdie handelsmerk, met sy bedryfspesifieke inhoud, skuif nou na ’n eie digitale tuiste en app waarop gebruikers afsonderlik kan inteken. Kry meer besonderhede op landbou.com, ook hoe jy dit maklik by jou Netwerk24-intekening kan voeg teen slegs R86 ekstra. Kontak asb die dienssentrum om hierdie pakket te aktiveer. 

Netwerk24 verwelkom Taalgenoot as ‘n nuwe tydskrif-vennoot onder e-publikasies. Dit is die amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Nou kan Netwerk24-intekenare elke kwartaal saamlees aan die boeiende, interessante stories oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook 'n in-diepte blik kry op die werk van die ATKV.   

3. Op watter maniere kan ek nou Netwerk24 se aanbod geniet?  

Om toegang tot Netwerk24 se volle aanbod te kry, moet nuwe gebruikers betaalbesonderhede verskaf wanneer hulle ‘n profiel skep. Die eerste 7 dae is egter gratis en jy kan sommer van dag een die volle aanbod – insluitende tydskrifte, alle eksklusiewe kyk- en luisterinhoud en spesiale funksionaliteite – geniet.    

Die vorige gratis 30-dae-proeftyd sonder betaalbesonderhede is ongelukkig nie meer beskikbaar nie. Jy kan wel nog tydens jou eerste 7 dae gratis-periode voor die eerste betaaldatum sonder verpligting kanselleer deur op 'Kanselleer intekening'  by 'My Netwerk24-intekening' onder jou profiel te klik indien jy per kredietkaart ingeteken het.

Indien jy per debietorder ingeteken het, kontak die dienssentrum op 087 353 1300 of stuur 'n e-pos aan diens@netwerk24.com.  

4. Kry ek afslag op Netwerk24 indien ek 'n koerant-intekenaar is?  

Indien jy 'n volweek-intekenaar is van Beeld, Die Burger of Rapport kry jy afslag op jou intekengeld vir Netwerk24 deur jou BP-kode te gebruik om jou toegang te aktiveer. Bel die dienssentrum by 087 353 1300 of stuur 'n e-pos stuur na diens@netwerk24.com.  

5. Watter nuwe funksies is nou geloods?  

Daar is ‘n reeks nuwe funksies spesiaal vir intekenare ontwikkel om jou te help om moeiteloos op hoogte te bly.  

* Luister nou na artikels Netwerk24 stel ‘n splinternuwe luisterdiens aan intekenare bekend – ‘n eerste vir Afrikaans!

Netwerk24 se intekenare kan voortaan na berigte luister terwyl hulle met iets anders besig is, pleks daarvan om dit net te lees. Die bekende radio- en TV-aanbieder Sue Pyler se stem as basis te gebruik om met masjienleer ’n elektroniese stem te skep wat teks in spraak omskakel. Dis ‘n wêreldeerste vir Afrikaans en Netwerk24 doen hiermee pionierswerk. Aanvanklik gaan die stem nog uitsprake verkeerd kry, maar hoe meer berigte verwerk word, hoe beter gaan dit raak met die hulp van die masjienleer.

* Laai jou e-publikasies in app af om sonder internetverbinding te lees 

‘n Nuwe aflaai-funksie vir e-publikasies is iets waarna ons almal uitgesien het. Maak dus seker jy het die jongste weergawe van die app om jou e-publikasie te kan aflaai om later sonder ‘n internetverbinding te lees. Met hierdie funksie word die inhoud van koerante en tydskrifte teen die wederregtelike verspreiding daarvan beskerm, maar dit bied ook die gerief vir intekenare om e-publikasies enige tyd, enige plek te kan lees.  

* Speletjies, spesiaal vir intekenare! 

Intekenare kan élke dag uitsien na 'n nuwe blokraai, sudoku in drie verskillende moeilikheidsgrade, en 'n woordblom. Elke Vrydag is daar 'n nuwe vasvra oor die week se nuus. 

* Die weer in jou streek 

Die verbeterde weerfunksie laat jou nou toe om ‘n weerstreek enige plek in die wêreld te kies – ideaal vir wanneer jy reis. Onthou net om die pleknaam in Engels te soek.  

* Die verkeer in jou area Jy kan jou roete beter beplan danksy die nuwe verkeerfunksie.

Stel ‘n spesifieke verkeerarea om voorvalle te sien wat jou reis mag belemmer. Ons hou jou ook op hoogte van enige verkeersnuus.   

* Regstreekse sportdekking en -uitslae 

Regstreekse nuusdekking, soos gebeure ontvou, is lank reeds deel van die Netwerk24-aanbod. Nou kan intekenare ook groot sportgebeure bal-vir-bal, hou-vir-hou volg danksy ons regstreekse wedstryd-funksie. Sien ook bepalings en puntelyste vir al die belangrike byeenkomste vir die volgende sportsoorte: rugby, krieket, sokker en binnekort ook Formule 1.   

* Regstreekse finansiële aanwysers en Sens-nuus 

Op die sakefront kan veranderinge in finansiële markte regstreeks gesien word terwyl intekenare ook op hoogte kan bly van die jongste Sens-kennisgewings.  

* Boekmerk artikels om later te lees 

Die lewe is besig en tyd is beperk. Die ‘Boekmerk’-funksie op rekenaar, selfoon en in app is baie nuttig om artikels te bêre om gerieflik later te lees.   

6. Hoe kry ek toegang tot elektroniese weergawes van die koerante en tydskrifte?  

Ná jy suksesvol jou profiel met betaalbesonderhede opgestel het, kan jy bloot op ‘E-publikasies’ in die Netwerk24-hoofnavigasie op jou rekenaar klik. 

Op jou selfoon en in die app sal jy ‘E-publikasies’ in die hoofnavigasie onder op jou selfoon vind asook onder ‘Vind als’. Maak seker jy laai die jongste weergawe van die Netwerk24-app af om e-publikasies gerieflik binne jou app te lees.

Intekenare kan ook nou enige e-publikasie veilig aflaai om later sonder ‘n internetverbinding binne die app te lees.   

7. Watter kyk- en luisterinhoud is op Netwerk24 beskikbaar?  

Netwerk24 is nie net jou ‘alles-op-een-plek’ vir die beste nuus- en leefstylinhoud nie, maar ook vir topgehalte kyk- en luisterinhoud – uniek geskep en eksklusief vir intekenare. 

Dís wat jy als onder Kyk + luister op die hoofnavigasie op jou rekenaar, selfoon en in die app sal vind: 

8. Hoekom is my weerliggings in Engels?   

Ons nuwe internasionale weerverskaffer maak dit nou moontlik om ‘n verbeterde en meer volledige weerdiens vir intekenare aan te bied. Jy kan jou weerstreke verpersoonlik deur uit ‘n lang lys wêreldwye weerstreke te kies.

Dit is egter ‘n onmoontlike taak om al die wêreldstreke tot in die fynste kaartafbakenings te vertaal. Hierdie is veral gerieflik wanneer jy internasionaal reis omdat jy meer as een liggging kan stel. Jou primêre weerligging sal met die weer-ikoon op alle Netwerk24-platforms aangedui word.   

9. Hoe teken ek in op nuusbriewe?  

Enige besoeker aan Netwerk24 kan op die nuusbriefblad registreer om gratis nuusbriewe van Netwerk24, Rapport en jou gunsteling- tydskrifte te ontvang. Jy hoef nie 'n intekenaar te wees nie.

Ná jy geregistreer het, kan jy jou keuses bestuur deur op die ‘My profiel’-skakel te klik wanneer jy aangemeld is. Skakel bloot jou nuusbrief-intekening op ‘n bepaalde nuusbrief aan of af.    

10. Hoe kan ek die koerante en tydskrifte se blokraaie en speletjies uitdruk om op papier in te vul?  

Dit is nie moontlik om bladsye van die e-publikasies uit te druk nie. Hierdie beskerm tydskrifte en koerante teen die wederregtelike verspreiding van hul inhoud. Ons het wel alle blokraaie en speletjies in die dagblaaie en elke Sondag se Rapport in ‘n blokraai-pakkie, Blokraai-Pret, saamgevat wat jy kan aflaai en uitdruk

Vind dit hier: 

KOERANTE

* Koerante se Blokraai-Pretpak’ onder 'Leef' op die hoofnavigasie van www.netwerk24.com 

* Vind Blokraai-pret onder ‘Koerante’ onder ‘E-publikasies’  

* Onthou dat jy ook as intekenaare elke dag nuwe digitale speletjies op Netwerk24 kan speel. 

TYDSKRIFTE 

* Op die dag wat ‘n tydskrif-uitgawe gepubliseer word, sal jy die aflaaibare pdf met die blokraaie en speletjies op hul webtuiste onder die kategorie ‘Tydskrif’ of ‘Jongste Tydskrif’ vind.  

11. Hoekom is my ou kommentare verwyder?   

Met die oorbou van Netwerk24 op verbeterde tegnologie het ons ook, waar nodig, nuwe platform-vennootskappe gesluit. ‘n Voorbeeld hiervan is die nuwe ooreenkoms met die internasionale kommentaarplatform Coral – ook die gekose kommentaarplatform vir toonaangewende internasionale nuuswebtuistes soos The Washington Post, Wall Street Journal, New York Magazine en plaaslik nou ook News24.

Dit was ongelukkig nie moontlik om alle vorige kommentare op die vorige platform na Coral te migreer nie. Die nuwe kommentaarfunksie spog met meer funksies en slimmer tegnologie.   

12. Waar is my kommentaar? Waarom neem dit so lank vir my kommentaar om geplaas te word? Verskyn kommentaar onmiddellik?   

Nee - dit neem 'n rukkie, veral as jou kommentaar oornag of oor ’n naweek ingekom het of as daar baie kommentare is waardeur ons modereerders moet werk. Gee dit sowat ’n uur kans tydens kantoorure.

Saans na 20:00 tot soggens 06:00 val alle kommentaar eers in die oorstaanlêer. Die vroegoggend moderator begin 06:00 deur honderde kommentare wat oornag ingekom het werk. Oor naweke kan kommentare moontlik langer in hierdie lêer bly omdat daar nie deurgaans 'n moderator aan diens is nie.  Ons poog ook om die diskoers optimaal te modereer, en daarvoor het ons moderators genoeg tyd nodig om die gesprek sinvol te fasiliteer.  

13. Waarom sluit julle die kommentaarafdeling op sekere artikels?   

Alle artikels op Netwerk24 se kommentaarafdeling sluit na 48 uur vanaf die berig se publikasie. Waar die diskoers onkonstruktief en afbrekend raak, sal die kommentaarafdeling summier gesluit word. Kommentaar onder Sielsdinge-artikels word gesluit om die sienings van ons gelowige en spirituele gemeenskappe te respekteer.  

Jy kan steeds reageer op artikels met geslote kommentaar, en Sielsdinge-artikels. Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ’n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.  

Huisgenoot sal slegs enkele stories oopstel vir kommentaar vir ’n beperkte tyd vanaf publikasie. Alle kommentare sal in lyn met Netwerk24 se kommentaarbeleid, soos hierbo uiteengesit, gemodereer word.  

14. Wanneer verban julle kommentare deur gebruikers?   

Gebruikers wat herhaaldelik die kommentaarbeleid oorskry, sal gevolglik verban word om kommentaar op ons platform te lewer. Gebruikers met kru en vulgêre gebruikersname sal verban word. As jy dink jy is verkeerdelik verban, of jy wil beswaar oor jou verbanning aanteken, kan jy jou saak aan ons stel by sosialemedia@netwerk24.com. Netwerk24 behou die reg voor om verbanning op te hef of nie. Geen reaksie vanaf Netwerk24 word gewaarborg nie.     

15. Waarom moet ek betaal om toegang tot Netwerk24 te kry?  

Netwerk24 se span joernaliste doen sewe dae per week op die toneel verslag van al die uithoeke van die land en skep die daaglikse inhoud wat in die Afrikaanse dagblaaie Beeld, Die Burger en Volksblad verskyn, plus ekstra brekende nuus, video’s en fotogalerye.  

Benewens hierdie unieke daaglikse nuusaanbod, kry jy as intekenaar toegang tot die e-weergawes van die dagblaaie en die Sondagkoerant Rapport, asook van die voorste Afrikaanse tydskrifte en plaaslike koerante. Dit lyk nes die papierweergawes.

Jy kry Rapport en die meeste van die tydskrifte ook in webformaat (selfde woorde en inhoud, net ’n ander uitleg sodat jy dit maklik op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees). Sien ook bo watter nuwe inhoud en funksies onlangs bygevoeg is.   

Pleks daarvan om jou koerant of tydskrif by die winkel te koop en dit op papier te lees, kan jy dit nou alles op een plek lees. Dis nou wat jy ’n winskoop noem!   

16. Watter betaalwyses word aanvaar?  

Ons aanvaar tans die volgende betaalwyses:  

  • Krediet/Debietkaart (slegs Visa & Mastercard word ondersteun) 
  • Debietorder vanaf bankrekening  
  • Apple Pay (slegs beskikbaar in die Netwerk24 iOS-app)  
  • Google Pay (slegs beskikbaar in die Netwerk24 Android-app)   

17. Hoekom is my eerste betaling minder as die volle Netwerk24-intekening?  

Afhangend van die betaaldatum wat jy gekies het toe jy vir die eerste keer ingeteken het, mag jou eerste betaling proporsioneel bereken word. Sien ons gebruikersvoorwaardes

18. Is my betalingsbesonderhede veilig?  

Ja, jou betalingsbesonderhede word veilig deur ons betalingsverskaffers, wat almal aan die Datasekuriteitstandaard van die Kaartbetalingsbedryf (PCI DSS) voldoen, vasgelê en geberg. Hierdie standaard is geskep om beheer oor kaarthouers se data te verskerp en so kredietkaartbedrog te verminder.

Besoek gerus www.pcisecuritystandards.org vir meer inligting.   

19. Kan ek my betaalwyse verander?  

Ongelukkig kan jy nie in hierdie stadium jou betaalwyse verander nie. Jy kan egter wel die besonderhede van jou bestaande betaalwyse bywerk.

Byvoorbeeld, indien jy oorspronklik ingeteken het met jou krediet/debietkaartbesonderhede, sal jy slegs die kaart se besonderhede kan aanpas en nie toegelaat word om die debietorder te verander nie. 

20. Kan ek my betaaldatum verander?  

Tydens die intekeningproses kan jy een van die volgende betaaldatums kies: 1ste van die maand, 4de van die maand, 16de van die maand, 26ste van die maand, einde van die maand.  

Wanneer jy eers suksesvol ingeteken is, kan jy nie hierdie datum verander nie. Indien jy ’n ander betaaldatum verkies, kanselleer asseblief jou intekening, teken weer in en kies die geskikte datum.   

21. Hoe werk ek my krediet/debietkaart- of debietorderbesonderhede by?  

1. Soek vir die “Betalingsbesonderhede”-oortjie in die “My Netwerk24-intekening”-deel van jou profiel.  

2. As jy op die “Redigeer”-knoppie klik, sal jy dieselfde betalingsvorm sien as toe jy ingeteken het.  

3. Tik die nuwe besonderhede in en klik die knoppie. Jou nuwe betalingsbesonderhede sal vir jou volgende betaling gebruik word.   

22. Ek betaal my Netwerk24-intekening met Google Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer?  

Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Google moet kanselleer deur die volgende stappe te volg:  

1. Gaan na “My Profiel” op die Netwerk24-app en klik op “My Netwerk24-intekening”. 

2. Op die “My Netwerk24-intekening”-blad, klik op “Kanselleer my intekening”.  

3. Die “Intekening”-oortjie sal oopmaak op jou Android-foon of -tablet. 

4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer. 

5. Klik op “Kanselleer intekening”. 

6. Volg die aanwysings. Klik vir volledige aanwysings.

23. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer?  

Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Apple moet kanselleer deur die volgende stappe te volg:  

1. Gaan na “My Profiel” op die Netwerk24-app en klik op “My Netwerk24-intekening”. 

2. Op die “My Netwerk24-intekening”-blad, klik op “Kanselleer my intekening”.   

3. Die “Intekening”-oortjie sal oopmaak op jou toestel (iPhone/iPad/). 

4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer. 

5. Klik op “Kanselleer intekening”.  

6. Volg die aanwysings. Klik vir volledige aanwysings.

24. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Google Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk?  

Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Google moet bestuur en bywerk. Klik vir volledige aanwysings.

25. Ek betaal vir my Netwerk24-intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk?  

Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Apple moet bestuur en bywerk. Vind volledige aanwysings hier.   

26. Ek besit nie meer ’n krediet/debietkaart nie. Hoe werk ek die betalingsbesonderhede van my Netwerk24-intekening by?  

Ongelukkig laat ons jou in hierdie stadium nie toe om jou betaalwyse te verander nie. Om na een van ons ander betaalwyses oor te skakel (bv. debietorder, Apple Pay of Google Pay) kanselleer asseblief jou intekening en teken weer in. Dieselfde geld vir Apple Pay, Google Pay of indien jy na ’n krediet/debietkaart wil oorskakel.   

27. Wat gebeur as ek ’n betaling oorslaan?  

Ons sal outomaties oor die verloop van ’n maand jou betaling met jou verkose betaalwyse probeer verhaal. Indien die betaling na al die probeerslae steeds misluk, sal jou intekening opgeskort word en sal jy nie meer toegang tot betaalde intekenaarsfunksies hê tot jy weer inteken nie.   

28. Kan ek my betalingsbesonderhede bywerk nadat ’n betaling misluk het?  

Beslis, ja! Indien jy agterkom dat jou betalingsbesonderhede verkeerd is, verval het of daar is nie voldoende fondse in die rekening nie, kan jy die besonderhede bywerk. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede bo, aangesien sekere beperkings geld.   

29. My intekening is opgeskort. Hoe aktiveer ek dit weer?  

Jou intekening is heel moontlik opgeskort omdat ons nie betaling van jou ontvang het nie. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede om jou besonderhede by te werk en jou intekening weer aan die gang te kry.

Neem asseblief kennis dat jy outomaties sal moet betaal vir enige uitstaande bedrae aan Netwerk24 verskuldig.   

30. Kan ek vorige fakture sien? 

 Klik op die “Fakture”-oortjie in die “My Netwerk24-intekening”-gedeelte van jou profiel om al jou vorige fakture te sien.  

31. Hoe kan ek ’n afskrif van my faktuur aflaai?  

In die “My Fakture”-oortjie in die “My Netwerk24-intekening”-gedeelte van jou profiel, kies een of meer fakture en klik op die “Stuur fakture per e-pos”-knoppie. Die fakture wat jy gekies het, sal in PDF-formaat na die e-posadres gestuur word waarmee jy op Netwerk24 aangemeld het.   

32. Kan ek my fakture na ’n ander e-posadres stuur?  

Jy kan slegs fakture stuur na die e-posadres wat jy gebruik het om op Netwerk24 in te teken. 

33. Hoekom vertoon my fakture as “Betaalbaar”?  

Indien die woord “Betaalbaar” langs jou jongste gelyste faktuur verskyn, beteken dit ons het nog nie volle betaling daarvoor ontvang nie. Dit is heel moontlik weens ’n mislukte betaling met jou verkose betaalwyse. Gaan asseblief jou betalingsbesonderhede na en werk dit by indien nodig. Indien die besonderhede korrek is, maak asseblief seker dat daar wel voldoende fondse beskikbaar is.   

34. Hoe kanselleer ek my intekening?  

Jy kan jou intekening enige tyd kanselleer. Aan die onderkant van die skerm op jou “My Netwerk24-intekening”-blad is ’n “Kanselleer my intekening”-knoppie. Klik op die knoppie en volg die stappe om jou intekening te kanselleer. In die proses kan jy ons ook help verstaan waarom jy jou intekening kanselleer deur die opsie te kies wat op jou van toepassing is.

Jy kan ook ’n meer omvattende skriftelike verduideliking indien.  

35. Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer? 

 Jy sal steeds toegang hê in die tydperk waarvoor jy betaal het. As jy byvoorbeeld op 1 September betaal het en op 15 September besluit om te kanselleer, sal jy tot 30 September toegang tot intekenaarsfunksies hê. As jy egter kanselleer terwyl jy ’n uitstaande balans het, sal jy nie verdere toegang daartoe hê nie.  

36. Hoekom is my rekening uitstaande nadat ek my intekening gekanselleer het? 

Indien jy jou intekening kanselleer terwyl jy ’n uitstaande balans het, sal die stelsel aanhou probeer om betaling te verkry vir die tydperk waartydens jy toegang tot intekenaarsfunksies gehad het.   

37. Kan ek my geld terugkry?  

Ongelukkig nie. Betalings is nie terugbetaalbaar nie en ons bied nie terugbetalings of krediete vir enige gedeeltelike tydperke nie. Verwys asseblief na die gedeelte oor “Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer?” om te sien hoe jou toegang tot intekenaarsfunksies geraak sal word indien jy jou intekening kanselleer.  

38. Wat as ek nie ’n oplossing vir my probleem kan vind nie? 

Moet asseblief nie huiwer om ons dienssentrum te kontak oor enige probleme wat jy met jou intekening mag ondervind nie. Skakel 087 353 1295 of stuur e-pos na diens@netwerk24.com.  

39. Hoekom is daar advertensies op Netwerk24?  

Netwerk24 se sakemodel is gegrond op twee bronne van inkomste – intekenare en advertensies. Indien ons geen advertensies op Netwerk24 toelaat nie, sal die intekenprys beduidend moet styg om volhoubaar te wees.

Uitnemende joernalistiek is duur en inkomste uit advertensies word hiervoor gebruik in aanvulling tot inkomste uit intekenare. Die beginsel is dieselfde as wanneer jy ‘n koerant sou koop.

Die advertensies in die koerant betaal joernaliste se salarisse en help ons om daagliks nuus aan lesers te bring.  

40. Kan ek Netwerk24 op meer as een toestel gebruik?  

Ja, jy kan op meer as een toestel met jou profiel op Netwerk24 aanmeld. Maar jy mag net jou persoonlike Netwerk24-aanmeldnaam en wagwoord tydens 5 gelyktydige besoeke (“sessions”) op Netwerk24 se webtuiste of app gebruik. Dit sal streng gemonitor word.   

41. Is die Netwerk24-app gratis?  

Die Netwerk24-app is gratis om af te laai in Google Play- of in Apple se app-winkel. Jy moet egter ‘n intekenaar wees om die volle aanbod te kan geniet. Jy kan ook direk deur jou iPhone-app inteken deur jou Apple-rekening of deur die Google Play-winkel op jou Android-foon.  

42. Die nuwe app wil nie op my foon werk nie. Wat nou?     

Die jongste weergawe van die app word nie ondersteun deur Android-weergawes 4 en 5 en iOS-weergawe 9 nie. Indien jou foon steeds een van hierdie bedryfstelsels gebruik, sal jy nie die jongste weergawe van die Netwerk24-app optimaal kan gebruik nie.

Jy sal dus die programmatuur oftewel ‘sagteware’ op jou foon moet opdateer deur na die instellings (“settings”) toe te gaan en seker te maak dat outomatiese opdaterings gestel is. Sommige toestelle is egter te verouderd om selfs met ‘n opdatering optimaal te funksioneer.

In daardie geval kan jy toegang tot Netwerk24 kry deur www.netwerk24.com te besoek deur middel van jou internetsoekenjin soos Google of Safari.  

* LEES MEER HIEROOR:  Sê ja vir 'updates': Raad met jou foon, rekenaar 

43. Ek sien nie die jongste stories in my app nie.

Verfris eenvoudig die app met jongste stories deur die skerm met jou vinger af te trek. 

43. Die webtuiste werk nie optimaal in my webblaaier (“browser”) nie.  

 Die webtuiste www.netwerk24.com is ontwikkel om ten beste op sekere weergawes van webblaaiers te werk. Indien die webtuiste nie reg werk of vertoon nie, is dit dalk nodig om jou webblaaier se programmatuur op te dateer.   

44. Hoe word ek 'n intekenaar van Netwerk24 as ek nie 'n kredietkaart het nie?  

Netwerk24 bied verskillende betaalopsies vir nuwe intekenaars. Klik op “Teken in” en maak seker jy is aangemeld met jou e-posadres en wagwoord as jy reeds 'n profiel geskep het. Indien jy nie met 'n kredietkaart wil betaal nie, kan jy ook 'n debietorder opstel. Jy kan ook deur app-winkels binne die app inteken – Google Pay indien jy ‘n Android-toestel het of deur jou Apple-rekening indien jy ‘n iPhone of iPad gebruik.   

45. Hoe verander ek my wagwoord?  

Gaan na Netwerk24 en klik op “Meld aan”. Klik dan op “Herstel wagwoord”. Vul die e-posadres in waarmee jy geregistreer het en jy sal 'n outomatiese e-pos van Netwerk24 ontvang om jou wagwoord te verander.   

46. My e-posadres het verander. Hoe kan ek dit bywerk?  

Klik op die ‘My profiel’-skakel regs bo op die Netwerk24-tuisblad op jou rekenaar of in die onderste navigasie op jou selfoon en in app. Verander jou inligting onder ‘Profielbesonderhede’.  

47. Hoekom moet ek my kontakbesonderhede verifieer?

Jy sal gevra word om jou e-posadres of selfoonnommer te verifieer deur op die skakel in die e-pos te klik of die 4-syfer-kode (OTP) in te tik wat jy per SMS op jou selfoon ontvang het, afhangend van jou keuse. Met jou korrekte besonderhede in ons databank, kan ons jou profiel beveilig deur doeltreffend met jou te kommunikeer wanneer jy jou wagwoord wil verander, asook oor dienste- en betalingsverwante kwessies wat intekenare raak. Dit laat ons ook toe om ’n beter diens aan ons lesers te lewer, want ons kan relevante inligting betyds oordra. 

Alle kommunikasie is onderhewig aan ons Privaatheidsbeleid, Kommunikasiebeleid en toepaslike wetgewing. Indien jy nie hierdie kommunikasie wil ontvang of weer wil ontvang nie, is jy daarop geregtig om ons skriftelik in kennis te stel. 

48. Hoekom is daar ’n rooi kol langs ‘My Profiel’?

Die rooi kol langs die My Profiel-aftreklys dui aan dat jou profiel onvolledig is. Om jou profiel te voltooi, moet jy jou e-posadres en selfoonnommer, soos hierbo aangedui, bevestig. 

Jy sal steeds toegang tot inhoud hê en die webtuiste kan navigeer, al is jou profiel onvolledig.

KONTAK DIE DIENSSENTRUM

Bel die dienssentrum by 087 353 1300 of stuur 'n e-pos aan diens@netwerk24.com.

Kantoorure: Maandag tot Vrydag 07:00 – 14:00 (vir oproepe); Saterdag en Sondag 07:00 – 11:00

OPENBARE KENNISGEWINGS | Antwoorde op gereelde vrae

1. Wat is openbare kennisgewings?

Openbare kennisgewing-advertensies word aanlyn geplaas om die publiek in te lig oor beskikbare tenders, staatskennisgewings en regskennisgewings. Hierdie kennisgewings word onder verskeie hofies gekategoriseer, soos algemene kennisgewings, boedels, verlore aktes, slopings, insolvente boedels, aannemings, ens.

2. Waar kan ek die openbare kennisgewings kry?

Openbare kennisgewings kan gevind word op die webtuistes Netwerk24 (https://www.netwerk24.com/netwerk24/kennisgewings); News24 (https://www.news24.com/news24/notices); of SNL24 (https://www.snl24.com/snl24/notices) op mobiele en lessenaarrekenaars.

3. Moet ek ingeteken wees om toegang tot openbare kennisgewings te kry?

Nee, jy hoef nie in te teken op Netwerk24, News24 of SNL24 nie, maar jy moet wel ’n geregistreerde gebruiker wees om toegang tot die openbare kennisgewings te verkry.

4. Betaal ek om op die Netwerk24-, News24-,  of SNL24-webtuistes te registreer?

Nee, registrasie is gratis sonder enige verpligting. Indien jy nog nie op enige van hierdie blaaie geregistreer is nie, registreer sommer nou by Netwerk24 | Registreer, News24 | Sign up, en SNL24 | Sign up

5. Kan ek alarmseine kry van die nuutste gepubliseerde openbare kennisgewings?

Nee, hierdie webtuistes het nie tans ’n alarmseinfunksie vir openbare kennisgewings nie. Jy moet die News24-, Netwerk24- of SNL24-webblaaie besoek om die nuutste openbare kennisgewings te sien. 

6. Kan ek openbare kennisgewings op Netwerk24 en News24 se apps lees?

Nee, openbare kennisgewings is slegs op News24 en Netwerk24 se webtuistes op jou mobiele en lessenaarrekenaar beskikbaar. 

7. Vir watter tydperk sal openbare kennisgewings op News24-, Netwerk24- en SNL24-webblaaie beskikbaar wees?

Openbare kennisgewings bly vir ’n tydperk van 120 dae beskikbaar op Netwerk24, News24 en SNL24 se webtuistes.

8. Moet ek plekname in Engels soek op die Netwerk24-webblad?

Ja, wanneer ’n gebruiker op soek is na ’n openbare kennisgewing op die Netwerk24-webtuiste en ligging gebruik, moet Engelse name gebruik word in gevalle waar plekke beide Engelse en Afrikaanse name het. As jy byvoorbeeld vir “Kaapstad” soek op die Netwerk24-webtuiste, moet jy “Cape Town” intik om al die kennisgewings vir Kaapstad te kan sien. 

9. Sal ek die openbare kennisgewing met iemand anders kan deel?

Ja, jy kan openbare kennisgewings deel deur op die “Share”-knoppie langsaan te klik.

10. As ek graag ’n openbare kennisgewing wil publiseer, vir wie kan ek kontak?

Indien jy ’n openbare kennisgewing wil publiseer, kom in aanraking met Media24:

Vir die Wes-Kaap – 087 353 1322 of Privaat@dieburger.com, en vir die Oos-Kaap – 072 430 2005 of jkleynge@media24.com

Vir Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en die Vrystaat, kontak 012 485 9048 of tanya.vanniekerk@media24

11. Indien ek meer inligting nodig het, vir wie kan ek kontak?

Jy kan 087 353 1322 skakel vir hulp.

  

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Bulls 0
Ospreys 0
besig om te laai... Regstreeks
AmaZulu 0
Chippa United 0
besig om te laai... Regstreeks
West Ham United 1
Liverpool 2
besig om te laai... Regstreeks
Zebre 6
Glasgow Warriors 14
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pond
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Goud
2,337.68
0.0%
Silwer
27.19
-0.0%
Brent-ruolie
89.50
+0.6%
Top-40
69,358
+1.3%
Alle aandele
75,371
+1.4%
Hulpbronne 10
62,363
+0.4%
Industriële 25
103,903
+1.3%
Finansiële 15
16,161
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos