Deel

SARIE Nuwe Gesig 2024: Jy kan op TV verskyn!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié opwindende prys is op die spel – waarvoor wag jy? Skryf in!

Ter viering van SARIE se 75ste bestaansjaar, gaan ons hierdie jaar groot. 

As jy tussen 2006 en 2008 gebore is, met ander woorde jy is nou ’n hoërskoolleerder in Graad 10, 11 of 12, is die Nuwe Gesig-kategorie vir jóú.

Lindy Maree, wenner van die SarieNuwe Gesig 2022-kompetisie, is baie lief vir mode. Foto: Sarie Leane Clunies-Ross
Nóg ’n wenvoorblad is terselfdertyd onthul: Dié van ‘Sarie’ se Nuwe Gesig-wenner, Lindy Maree (17) van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Foto: Verskaf

Wen met SARIE Nuwe Gesig!

Daar is heerlike pryse op die spel. Ons is opgewonde om ontbytSAKE ook aanboord te hê. Ons Nuwe Gesig-wenner sal op hierdie gewilde oggendprogram op kykNET en kykNET&kie (DStv-kanaal 144 & 145) verskyn.

Plus, jou betrokke hoërskool sal dan ook die geleentheid kry om op die televisie te verskyn. Die ekstra lugtyd is ’n wonderlike geleentheid om jou hoërskool te bemark.

Al wat jy moet doen is om noukeurig elke stap te volg wanneer jy inskryf. Moenie vergeet om ontbytSAKE in jou inskrywing op Facebook of Instagram te tag nie.

Dis maklik om in te skryf! Jy skryf op sosiale media of met die vorm hieronder inskryf en die inskrywings is slegs vir een maand oop (inskrywings sluit 31 Maart stiptelik om 23:59).

Is jy ons 5de SARIE Nuwe Gesig-wenner? Sê ja!

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig word in trotse samewerking met Isa Carstens Akademie, Netwerk24, INOAR South Africa en ontbytSAKE aangebied. 

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees