book-icon Uitgawe Maart/April 2024
Deel

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig: Wat is nuut in 2024?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Is jy ons 14de wenner? Tussen 1949 en 2008 gebore? Skryf in in jóú dekade.

1 wedstryd, 7 kategorieë, 7 finaliste en steeds 2 wenners: SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig.

Hier’s die sewe kategorieë:

SARIE is vanjaar 75 en vier dit met 7 kategorieë, een vir elk van die 7 dekades van SARIE se bestaan.

Hier is die kategorieë per dekade. Jy val in die dekade waarin jy gebore is. As jy bv. in 1982 gebore is, is jy in kategorie 4, die 1980’s-dekade.

  • Kategorie 1: 1950’s – Jy’s gebore 1949-1959
  • Kategorie 2: 1960’s – Jy’s gebore 1960-1969
  • Kategorie 3: 1970’s – Jy’s gebore 1970-1979
  • Kategorie 4: 1980’s – Jy’s gebore 1980-1989
  • Kategorie 5: 1990’s – Jy’s gebore 1990-1999
  • Kategorie 6: 2000’s – Jy’s gebore 2000-2005
  • Kategorie 7*: 2000’s – Jy’s gebore 2006-2008 (Dié kategorie is die SARIE Nuwe Gesig-wedstryd spesiaal vir hoërskoolleerders van graad 10-12)
Skryf nóú in by die vorm hieronder

Vyf finaliste per kategorie  

Daar word 5 finaliste in elk van die 7 kategorieë aangekondig, dus 35 finaliste in totaal. Die 35 finaliste word in SARIE se Mei/Junie-uitgawe aangekondig.

Daarna kies ons een finalis per kategorie wat in ware voorbladstyl in die Julie/Augustus-uitgawe van SARIE verskyn. Kategorie 7 se finalis is die SARIE Nuwe Gesig-wenner, wat op SARIE.com en Netwerk24 aangekondig word.

SARIE se Voorbladgesig-wenner 2024 verskyn op die voorblad van die September/Oktober-uitgawe, en die Nuwe Gesig-wenner op die voorblad van haar eie kleiner weergawe van SARIE. En boonop kan jy ’n fotosessie in Mauritius wen!

Jy skryf in op sosiale media of in die inskryfvorm hieronder 

Volg dié vyf stappe in die foto’s hieronder om in te skryf, of klik hier vir meer inligting.

Vanjaar is inskrywings gratis op sosiale media of by die inskryfvorm hierbo en nie op ’n webwerf nie. Skryf in op Facebook of Instagram. Onthou, inskrywings sluit 3 April om middernag.

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees