book-icon Uitgawe Maart/April 2024
Deel

Interessante feite oor SARIE en die Voorbladgesig-wedstryd: Skryf nóú in!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Is jy ons 14de wenner? Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste. Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig? Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja!

Terwyl jy jou foto’s regkry vir vanjaar se inskrywing, deel ons met jou ’n paar interessante feite oor SARIE en ons geliefde Voorbladgesig-wedstryd.

Is jy ons 14de Voorbladgesig-wenner? Tussen 1949 en 2008 gebore? Skryf in in jóú dekade

Vanjaar vier ons SARIE se 7 dekades met 7 kategorieë en 7 finaliste.  

Is jý die eindelike wenner – SARIE Voorbladgesig 2024? Of die vyfde SARIE Nuwe Gesig? Dis ’n kans in ’n leeftyd. Sê ja! 

Onthou, jy skryf in nét op sosiale media (Facebook of Instagram) of by die vorm hierbo hierdie jaar en inskrywings is slegs oop in Maart-maand. 

Klik hier vir meer inligting.

In trotse samewerking met Isa Carstens AkademieNetwerk24Inoar South Africa en Ontbytsake


Interessante feite

Carike Keuzenkamp op die 1990- Kersuitgawe.
Carike Keuzenkamp op die 1990- Kersuitgawe.

Carike Keuzenkamp op die 1990-Kersuitgawe verkoop 258 263 kopieë, die hoogste in SARIE se bestaan. Die meeste kere op die voorblad was Diana.

Die meeste kere op die voorblad was Diana.
Die meeste kere op die voorblad was Diana.

Dan Anna-Mart van der Merwe en Margaret Gardiner.

Model Bernice Dodd pryk op die Junie 2002-uitgawe van SARIE, die tydskrif se eerste glans-maanduitgawe.

Bernice Dodd.
Bernice Dodd.

’n Handvol mans was al op die voorblad.

Nataniël.
Nataniël.

Dikwels Nataniël, ook Ryk Neethling nadat hy deel was van die aflos-swemspan wat in 2004 goud vir SA by die Spele gewen het. 

Ryk Neethling.
Ryk Neethling.

Teen die nuwe millennium was sepie-akteurs dié sterre.

Nadia Valvekens.
Nadia Valvekens.

Binnelanders se Nadia Valvekens (Pippa) en Nina Swart, Wilmien van 7de Laan, was talle kere op die voorblad.

Nina Swart.
Nina Swart.

Michelle Pienaar het haar Egoli-rol losgeslaan deur in 2001 ’n SARIE-wedstryd te wen.

Michelle Pienaar.
Michelle Pienaar.

Interessant

  • 13 jaar: 15 voorbladgesigte (in twee jaar, 2016 en 2017, het twee wenners die titel gedeel); 4 nuwe gesigte
  • 75 000+ inskrywings (een en half keer ’n volgepakte Loftus Versfeld)
  • 50% van inskrywings word van brunette ontvang
  • Oudste: ’n 75-jarige SARIE-leser
  • Gewildste name: Angelique Bianca Monique Nadia. Ook name wat met ’n “C” begin: Chané Chandré Carlize Christelle Chantelle en vele meer
  • Beroepe sluit in: aptekers, veeartse, boervroue, kunstenaars, dokters, sjefs, rekenmeesters, operasangeresse, dansers, welvaartbestuurders, studente, onderwyseresse, ingenieurs, musikante en tuisteskeppers
  • Die plek wat verreweg die meeste inskrywings opgelewer het: Pretoria, 5 keer meer as Kaapstad in die tweede plek, dan Bloemfontein, Stellenbosch, die Paarl, George en Johannesburg.
  • Een persent van inskrywings kom van Namibië.

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees