Steve Hofmeyr is ’n goeie stemkunstenaar. Dit is waarom die VF Plus dié Afrikaanse sanger se stem in van sy advertensies gebruik.
Daar is geen ander motief agter dié besluit nie, het Wouter Wessels, woordvoerder van die party, Vrydag gesê ná navrae oor waarom Hofmeyr se stem gekies is vir hul radio-advertensie.
In die advertensie, wat onder meer op RSG uitgesaai word, word gepraat oor gelyke geleenthede, besluitneming in gemeenskappe en ’n toekoms van “voorspoed”.