Oudpres. Jacob Zuma is die plaaslike manifestasie van ’n wêreldwye etnies-nasionalistiese beweging teen die liberale orde, skryf Christi van der Westhuizen.
Oudpres. Thabo Mbeki slaan die spyker op die kop. Dit ís ’n raaisel hoe ’n sittende president aktief betrokke kan wees by die aftakeling van staatsinstellings waarvan sy eie regering afhang. Maar is dit “teenrevolusionêr”?
Dié sittende president was natuurlik oudpres. Jacob Zuma, Mbeki se tydgenoot, bête noire en ook sy nemesis. Soos ons nader aan die belangrikste verkiesing sedert 1994 kom, voer Zuma sy volle repertoire van streke uit wat die ANC tot sy huidige haglike toestand laat verval het.