Die 25-jarige Argentyn Francisco Cerundolo het Dinsdag verras toe hy Alexander Zverev in skoon stelle uit die Madrid-Ope geskakel het.
Cerundolo het die vierde gekeurde Duitser met 6-3, 6-4 geklop om die kwarteindronde te haal.
Hy kom Woensdag teen die Amerikaner Taylor Fritz te staan, wat in die vierde ronde met die Pool Hubert Hurkacz afgereken het.