Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) kry Woensdagaand, op die eerste dag van die Wildeklawer-rugbytoernooi in Kimberley, ’n gulde geleentheid om ’n wendroogte van meer as ’n dekade teen die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) te beëindig.
Affies het ontmoetings tussen dié twee skole tussen 1947 en 2012 grootliks oorheers, maar sedertdien nog nie weer daarin geslaag om Boishaai te klop nie.
Boishaai was in 2016 (29-25), 2017 (14-10), 2018 (19-14), 2019 (39-12) en 2023 (26-19) vyf keer op ’n streep Affies se tier.