Netwerk24 het sy ontstaan in 2014 gehad. Dit is die grootste inteken-nuusdiens in Suid-Afrika en bied brekende nuus en ontledings deur ‘n landwye verslagspan, sowel as die inhoud van die voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte in die Media24-stal – alles op een plek.
Hierdie titels sluit in die dagblaaie Die Burger, Beeld en Volksblad, die Sondag-koerant Rapport, asook ’n bondel gemeenskapskoerante vir nuus uit verskeie landstreke. Die tydskrifte wat op Netwerk24 gehuisves word, is Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry&Sleep, Baba&Kleuter en TVPlus. Al hierdie koerante en tydskrifte is in e-formaat beskikbaar wat nes die gedrukte produk lyk. Afgesien van nuus soos dit ontvou, bied Netwerk24 jou ook toegang tot luister- en kykvermaak – in Afrikaans.
Netwerk24 se verslagspan is op die voorpunt van brekende nuus. Ons help jou sin maak van gebeure en doen namens jou die siftingswerk sodat jy korrekte en betroubare inligting kry. Dit word aangevul met diepte-ontledings en kommentaar, video’s en aanlyn paneelbesprekings.
Deesdae hoef jy nie net te lees nie; jy kan na berigte luister terwyl jy met iets anders besig is. En moenie van ons luisterboeke, interessante podsendings en video-blitssepies vergeet nie. As ’n intekenaar kan jy boonop dadelik sien hoe die weer en die verkeer in jou streek lyk.
Netwerk24 word besit deur Media24, een van Suid-Afrika se voorste mediamaatskappy, met belange in digitale media en dienste, koerante, tydskrifte, e-handel, die boekbedryf, druk en verspreiding.
Media24 is deel van Naspers, ’n multinasionale groep van multimedia- en e-handel-platforms.
ONTMOET DIE SPAN:
Hoofredakteur: Henriëtte Loubser (henriette@24.com)
Adjunkredakteur en ombudsman: Theresa Olivier (theresa.olivier@media24.com)
Nasionale nuushoof: Nadia Honiball (nadia.honiball@24.com)
Sakeredakteur: Hanlie Stadler (hanlie.stadler@24.com)
Sportredakteur: Herbert Pretorius (herbert.pretorius@24.com)
Kunsteredakteur: Laetitia Pople (laetitia.pople@24.com)
Stemme-redakteur: Johanna van Eeden (jvaneeden@24.com)
Hoof van gehoorontwikkeling (insluitende sosiale media): Kayla Alexander
Assistent-redakteur en multimedia-navrae: Alet Joubert (Alet.Joubert@24.com)
Bestuurder van platform- en kommersiële ontwikkeling: Maryke Cumpsty
Nasionale bemarkingsbestuurder: Madelein Venter
Hoofbestuurder: Justin Langeveld (justin.langeveld@media24.com)