’n Agterstand van 92 157 visumaansoeke is teen einde Januarie vanjaar deur die departement van binnelandse sake ondervind.
Twee van die 18 visumkategorieë is verantwoordelik vir ’n agterstand van net meer as 80 000 aansoeke en word deels toegeskryf aan “korrupsie en samespanning”.
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het onlangs dié inligting in antwoord op ’n parlemente vraag deur Angel Khanyile, DA-LP, verskaf.