Deel

Eise ná ’n ongeluk is nie speletjies nie – DSC Prokureurs kan help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy ’n slagoffer van ’n padongeluk is, kontak DSC Prokureurs vandag om jou te help om jou saak teen die Padongelukfonds te wen.
As jy ’n slagoffer van ’n padongeluk is, kontak DSC Prokureurs vandag om jou te help om jou saak teen die Padongelukfonds te wen.
DSC Prokureurs 20 years logo


Dit kan ’n erge gesukkel wees om te eis nadat jy in ’n motorongeluk was. Moenie verder kyk nie, DSC Prokureurs hanteer persoonlike beseringsake oor Suid-Afrika heen en sal jou kan help.

Ingevolge die huidige wetgewing word ’n persentasie van alle petrol en diesel wat aangekoop word, aangewend om die Padongelukkefonds (POF), ’n de facto-versekeraar, te finansier. Sodoende kan die slagoffers van padongelukke vir beserings vergoed word in gevalle waar die ongeluk nie uitsluitlik weens hul eie skuld of nalatigheid veroorsaak is nie.

Die skadevergoeding wat teen die POF geëis kan word, is slegs ten opsigte van liggaamlike beserings. ’n Eis teen die POF sluit dus enige skade aan ’n voertuig of ander materiële skade of verliese wat deur die slagoffer gely word uit. In sulke gevalle moet die eis direk aan die bestuurder wat die ongeluk veroorsaak het of sy/haar versekeringsmaatskappy gemaak word.

Die huidige wetgewing maak voorsiening vir:

  • Die instelling van ’n drempeltoets vir ’n slagoffer van ’n padongeluk om te kwalifiseer vir ’n toekenning van algemene skadevergoeding vir pyn en lyding en verlies van lewensgehalte;
  • Die instelling van ’n beperking op eise vir verlies aan verdienste en onderhoud; en
  • Die afskaffing van die padongelukslagoffer se gemeenregtelike eis direk teen die nalatige bestuurder vir die verhaal van skade waarvoor die POF nie aanspreeklik is nie.

Dit is noodsaaklik dat ’n padongelukslagoffer ’n spesialisprokureur in hierdie veld raadpleeg om omvattende bygewerkte advies in te win oor die regsposisie, en of hulle ’n eis teen die POF het of nie vir hul skade gely.

Wat om te doen wanneer jy in ’n motorongeluk was

  • Verkry soveel besonderhede as moontlik met betrekking tot die omstandighede van die ongeluk;
  • Teken die volle name en kontakbesonderhede van enige potensiële getuies van die ongeluk aan;
  • Kry die volle name en kontakbesonderhede van die bestuurder van die motorvoertuig wat jy glo die ongeluk veroorsaak het, insluitend die voertuig se registrasiebesonderhede;
  • Raadpleeg jou dokter of plaaslike hospitaal vir ’n deeglike mediese ondersoek; en
  • Sodra jy in staat is om dit te doen, kontak jou persoonlikebeseringsprokureur. Hoe vroeër jy jou prokureur betrek hoe beter, veral met betrekking tot die omstandighede van die ongeluk sodat die prokureur die nodige getuieverklarings, foto’s van die ongelukstoneel, asook foto’s van die beskadigde voertuig(e) en verwante navrae kan bekom.

Wie kan eis?

Die volgende mense kan eis as hulle nie uitsluitlik verantwoordelik was vir die betrokke ongeluk nie:

  • bestuurders;
  • voetgangers;
  • passasiers;
  • fietsryers; en
  • afhanklikes van ’n oorlede broodwinner.

Tydsbeperkings op eise vir motorongelukke

Die POF reguleer dat padongelukeise binne drie jaar vanaf die datum van die ongeluk ingedien moet word indien die identiteit van die bestuurder of eienaar van die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het, bekend is. Dit word aangeraai dat dit binne twee jaar gedoen word indien die identiteit onbekend is, byvoorbeeld ’n sogenaamde “tref-en-trap”-eis.

Kry hulp
Vir meer inligting besoek hul webtuiste. Skakel DSC Prokureurs by 0861 465 879 of stuur e-pos na info@dsclaw.co.za met navrae of indien jy hulp met jou padongelukke-eis benodig.

DSC Prokureurs word 20!

Vanjaar vier DSC Prokureurs 20 jaar se diens. Hulle glo in elke kliënt se reg op ervare regsverteenwoordiging en toegang tot geregtigheid.

DSC Prokureurs (De Vries Shields Chiat Ingelyf) het in Mei 2004 tot stand gekom toe drie firmas, elk met ’n lang geskiedenis op die gebied van persoonlike beseringsreg, saamgesmelt het.

Al DSC se prokureurs is hoogs gekwalifiseerd en het uitgebreide ondervinding en ’n bewese rekord in die hantering van alle vorme van persoonlike beserings en padongelukke-eise. Boonop trek kliënte voordeel uit toegang tot hul uitgebreide paneel van top regsgeneeskundige-spesialiste en advokate.

DSC Prokureurs glo daaraan om kliënte se reg en toegang tot geregtigheid te bevorder deur aan te bied om op ’n “geen-wen-geen-betaling”-grondslag te werk, wat beteken dat DSC Prokureurs dikwels die aansienlike uitgawes dra van die betrokke litigasiedienste wat verskaf word aan kliënte, vanaf die aanvang van ’n aangeleentheid tot en met die saak opgelos is.

Hul dienste sluit in eise vir

Getuigskrifte van kliënte

“Hiermee net om baie dankie te sê aan DSC Prokureurs vir die uitstekende diens aan my gelewer oor die jare. Dit was baie moeilik maar ons het deurgedruk en ons het dit gemaak. Spesiale dank aan Jacqueline Hudson en Monique Malgas wat my ondersteun en gehelp het. Hulle het saam met my die laaste gedeelte van die pad gestap en ek gee hulle 100% vir hul professionele en liefdevolle diens aan my.” – Loretta Adams, Padongelukkefonds-eis.

“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om julle en almal wat by my saak betrokke was te bedank vir alles. Julle het my met soveel liefde behandel en was altyd gewillig en vriendelik toe die wetsbepalings net buite my begrip was.” – ’n Anonieme gly-en-valslagoffer wat in ’n toonaangewende supermark beseer is.

“Ek wou ’n oomblik neem om my hartlike dank uit te spreek vir jou ondersteuning en vriendelikheid op elke interaksie wat ons het. Jou aanmoediging en positiewe gesindheid het ’n beduidende impak op my gemaak, en ek waardeer jou pogings opreg. Weer eens dankie, Moira, vir alles wat jy doen.” – Kevin Pretorius, Padongelukkefonds-eis.



Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.42
-0.1%
Rand - Pond
23.48
+0.0%
Rand - Euro
19.98
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.20
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Platinum
1,034.70
0.0%
Palladium
968.00
0.0%
Goud
2,333.65
-0.0%
Silwer
30.36
+0.1%
Brent-ruolie
82.12
+0.9%
Top-40
72,746
+0.2%
Alle aandele
79,151
+0.3%
Hulpbronne 10
62,581
+0.7%
Industriële 25
109,835
-0.1%
Finansiële 15
17,235
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos