Jacob Zuma was as president van Suid-Afrika “ ’n wolf in skaapsklere”.
Dit is die enigste verduideliking vir Zuma se pogings “om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te vernietig”, het sy voorganger, oudpres. Thabo Mbeki, Dinsdag by Vryheidspark in Pretoria in ’n toespraak ter viering van 30 jaar van demokrasie gesê.
Hy het Zuma geskets as ’n “teenrevolusionêr” wat die “winste van 1994 tot 2007 ongedaan gemaak het”.