Meer as 27 000 moorde is die afgelope jaar by die polisie aangemeld.
Dié inligting is Maandag in Pretoria bekend gemaak op ’n nuuskonferensie waar Bheki Cele, minister van polisie, genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, en die res van die polisie se topbestuur die suksesse van Operasie Shanela vir die jaar van 8 Mei verlede jaar tot 5 Mei vanjaar bekend gemaak het.
Operasie Shanela is op 8 Mei verlede jaar ingestel as die polisie se nasionale reaksieplan teen Suid-Afrika se hemelhoë misdaadvlakke.