Die lyke van ’n bejaarde egpaar van ’n plaas in die Glen-distrik buite Bloemfontein is Saterdag ontdek nadat hulle Vrydag wreed vermoor en toe afsonderlik in putte gegooi is.
Volgens ’n onberispelike bron is die vrou se lyk in ’n septiese tenk gegooi nadat sy met ’n mes gesteek is. Haar man is glo eers aan ’n vurkhyser vasgemaak, verskeie kere met ’n mes gesteek, en toe in ’n boorgatput gegooi wat met sink bedek is.
Nadat ’n familielid en die bure nie Vrydag en Saterdag die egpaar (in hul 70’s) op hul telefone in die hande kon kry nie, is onraad vermoed en ’n bekommerde buurman het die polisie gekontak.