Toe hy die woorde “Deon, hier kom hy” hoor, het hy geweet sy seun het lewend onder die puin uitgekom.
So het Deon Safers van Mosselbaai Woensdagmiddag vertel oor sy elektrisiën-seun, Delvin (29), se redding nadat hy langer as 25 uur onder die puin vasgekeer was toe ’n woonstelblok in Victoriastraat, George, Maandagmiddag ineengestort het.
LEES OOK | Frustrerende dag in George: Geen kontak meer met vasgekeerdes