Hulle was groot aanhangers van die eerste seisoen van Die groot afskud (VIA, Dstv-kanaal 147) en toe Petronél (Nella) en Robert Mollentze hoor ’n tweede reeks van dié gewilde gewigsverliesprogram is oppad, het hulle ingeskryf sonder om twee keer te dink. En na ’n wipwarit van “epidermiese proporsies” het dié Kaapse egpaar as die Rooi span die meeste kilo’s laat wegsmelt. En, natuurlik is hulle met ’n vet kontantprys van R300,000 beloon ná agt maande van swoeg, sweet en trane.
Heel toevallig het albei ook presies dieselfde aantal kilogramme afgeskud. ’n Hele 27 kg elk. “So ons het saam 4.2kg meer as ’n sakkie sement verloor. Ek is so trots op ons,” sê Robert.