Deel

SARIE se Voorbladgesig 2021-wenner vertel hoekom sy ingeskryf het – só kan jy inskryf!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skoonheid en inspirasie vorm die hoekstene van SARIE se Voorbladgesig-kompetisie sedert dit in 2011 van stapel gestuur is. Nou word daar na 2022 se wenner gesoek. Onthou, #JyIsGenoeg en hierdie is ’n geleentheid om jou storie te deel en ander te inspireer.
Emme Scholtz
Emme Scholtz. Foto: Tracy Baard Photography.

Verlede jaar se wenner, Emme Scholtz, is ’n fassinerende mens. Sy hou daarvan grondboontjiebotter op ’n teelepeltjie te eet, is gek oor pasta en is ’n passievolle onderwyseres wat dit as ’n voorreg beskou om met kinders te werk wat elkeen met hul eie “rugsakkie” kom.

“Elke rugsakkie is anders gepak: Soms is hulle hartseer, soms sukkel hulle met angstigheid en soms soek hulle net ’n drukkie. Maar elke kind het ’n storie om te vertel en ’n rugsakkie om uit te pak,” vertel die pragtige ma van Anna Hazel en Kai Levi.

Emme, ’n Kersbaba, is boonop een van ’n tweeling. En as hulle ma hulle wou straf, het sy vir Emme en boet Marc verbied om met mekaar te praat. Alhoewel hulle gereeld van mening verskil het, sê Emme hulle is altwee saggeaard en kreatief.

Geluk en inspirasie

Emme glo die geheim van ware geluk is om jouself te aanvaar en om selfvertroue te hê in die persoon wat God jou gemaak het. En sy sou graag vir die digter en skrywer Maya Angelou wou oornooi vir tee en vir haar ’n drukkie gee. Die musikant, kunstenaar en skrywer Morgan Harper Nichols sal ook daardie uitnodiging van haar ontvang.

Wyse woorde

“Laat toe dat mense jou onvolmaaktheid sien en jou herinner wie jy regtig is. Wees jouself. Jy is genoeg,” sê Emme. Ook glo sy dat daar soveel is wat ons by kinders kan leer: “Onvoorwaardelike liefde, moenie bang wees om vrae te vra nie, wees aanpasbaar.”

Nou is dit jóú beurt!
Moenie die geleentheid mis om nou vir jouself of ’n geliefde vir vanjaar se SARIE Voorbladgesig-kompetisie in te skryf nie. Klik hier om in te skryf!

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees