Deel

Voorbladgesig & Nuwe Gesig 2021: Agter-die-skerms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO'S Marzanne Schoeman
FOTO'S Marzanne Schoeman
'n Skelm kykie agter die skerms by die fotosessies van dié jaar se SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig.

Vir drie dae in September het twee beeldskone SARIE-lesers gevoel asof hulle droom …

SARIE Voorbladgesig 2021, Emme Scholtz, en SARIE Nuwe Gesig 2021, Nicole Nathan, is in September vir drie dae na die Moederstad weggevoer. Die rooi tapyt is vir SARIE se 2021-wenners uitgerol: hulle het in die luukse Radisson Blu Hotel & Residences in die middestad gebly, en is bederf met spa-behandelings by Isa Carstens. Hul drie dae in dié wêreld van glans is afgesluit op ’n hoogtepunt: eregaste by ’n gala-ete in een van die stad se mees glansryke hotelle.

SARIE.com het agter die skerms gaan kuier om solank vir jou ’n skelm kykie te gee na Nicole en Emme se voorblaaie, wat binnekort op die rak verskyn.

Die jeug sprankel

Dag 1 van die drie-dae-lange fotosessie was toegewy aan dié jaar se SARIE Nuwe Gesig, Nicole Nathan. Nicole en haar ma, Zelda, het van Pretoria na Kaapstad gereis vir dié fotosessie. Op die tweede dag van hul kuier in die Kaap, het die Isa Carstens Wellness Sanctuary in Stellenbosch vir ma en dogter bederf met 'n hele rits spa-behandelings.

FOTO'S Marzanne Schoeman
FOTO'S Marzanne Schoeman

'n Hart vir mense

Dié jaar se Voorbladgesig-wenner, Emme Scholtz, het 'n hart vir mense - sy floreer en sprankel wanneer sy met ander gesels en grappies met hulle kan deel. Emme se streke agter die skerms het die span gereeld laat giggel!

FOTO'S Marzanne Schoeman
*?%Y,Ìɳ!ÀºÆÕìe?ìk?êoôØÿ
FOTO'S Marzanne Schoeman

TV-gereed

Die span van Bravo het op stel van die fotosessies kom kuier om dié jaar se wenners beter te leer ken. Die episode word op Sondag, 31 Oktober op kykNET uitgesaai. 

*?%Y,Ìɳ!ÀºÆÕìe?ìk?êoôØÿ
FOTO'S Marzanne Schoeman

Bederf deur Isa Carstens

Dié jaar se hoofborg, die Isa Carstens Akademie, het die twee wenners nie net bederf met 'n spa-dag nie, maar ook met 'n geskenkpakkie vol produkte. 

FOTO'S Marzanne Schoeman
FOTO'S Marzanne Schoeman
*?%Y,Ìɳ!ÀºÆÕìe?ìk?êoôØÿ
FOTO'S Marzanne Schoeman

'n Geur vir elke dag

’n Spesiale bederf van Bacher and Co.: Nicole se prys is die geur Girl van Rochas. Dié parfuum bars met vars note van swartbessie, Jasmyn en vanielje. Emme se prys is die geur Authentic Woman van Abercrombie & Fitch. Dié parfuum bars met note van peer, magnolia en sandelhout.

FOTO Marzanne Schoeman
FOTO Marzanne Schoeman

Koppie 'n dag

Emme vertel dat, hoewel sy gek is oor koffie van Seattle Coffee Company, is sy eintlik 'n tee-drinker. Hier drink sy Earl Grey-tee uit Lavish'd se SARIE Mooi-koppies. 

FOTO'S Marzanne Schoeman

Luukse verblyf

Ons twee wenners is bederf met verblyf in die Radisson Blu Residence in Kaapstad se "penthouse"-suites. Boonop het SARIE Kos-redakteur Herman Lensing vir hulle kom kook in hul suites.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Edmund Beukes

Eregaste

Die fotosessies is afgesluit met 'n heerlike en glansryke aand by die Mount Nelson Hotel in die hartjie van Kaapstad.

FOTO Marzanne Schoeman
Emme en Nicole FOTO Marzanne Schoeman
Ons tweede Nuwe Gesig, Nicole Nathan, by verlede jaar se wenner, Jonadrie van Aardt FOTO Marzanne Schoeman
FOTO Marzanne Schoeman

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig is met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd. Spesiale dank aan die Radisson Blu Hotel & Residence in Kaapstad en Bacher and Co. wat bygedra het tot die wenners se pryse.

*Emme en Nicole se fotosessies verskyn op die voorblaaie en in die November / Desember-uitgawe van SARIE, wat vanaf 5 November op die winkelrakke is

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees