Ek het onlangs rooswater in my kos gebruik. Ek het teruggedink aan lekker ruik op geldnood-dae.
Jongtyd het ek gekneusde roosblare in ’n kênfruitbottel met water gedruk. Dae daarna het ek die gegeurde water begin gebruik. Ek’t myself soos strykgoed besprinkel.
Soggens op pad skool toe het ek ’n paar blare van buurman se oorhang-suurlemoenboom in my skoolhemp se bo-sak gedra en ’n handvol gekou vir ’n vars asem.