Deel

EKSKLUSIEF: Boer Francois en Vanessa se Sion is hier: ‘Hy is uit Sy hand vir ons geleen’

akkreditasie
Dit was soos ’n moderne sprokiesverhaal toe die beeldskone Vanessa vir Francois, haar ridder in sy boerebakkie, ontmoet het tydens vanjaar se ‘Boer soek ’n vrou’ pasmaatsoekreeks.
Boer Francois en Vanessa se Sion is hier.
Boer Francois en Vanessa se Sion is hier. Foto: Soul birth photography.

En verlede week is die paartjie geseën met ’n gesonde seuntjie, Sion. 

Vanessa vertel die swangerskap was makliker as wat sy verwag het. “Ek was aktief en het alles gedoen wat ek normaalweg sou doen, net versigtiger. Ek het groot gedra so hier teen die einde was ek ongemaklik maar met elke skop en beweging het ek besef hoe geseënd ek is om gesond te wees.” 

Om Sion te kon dra was vir Vanessa ’n voorreg. “Om hom nou te kan vashou is selfs ’n groter voorreg!” glimlag sy.

Sion is op die 19de Julie om 14:17 in ’n privaathospitaal op Oudtshoorn gebore. Teen ’n stewige 3.88 kg, is hy duidelik ’n boerseun nes sy pappa. 

Sion is op die 19de om 14:17 in ’n privaathospitaa
Sion is op die 19de om 14:17 in ’n privaathospitaal op Oudtshoorn gebore. Foto: Soul birth photography.

“Die geboorteproses het goed begin, maar met ’n noodkeiser geëindig. Dit was vir beide my en Francois bitter spesiaal om saam te kon deurgaan. Hy was by my elke sekonde van die spesiale oomblik,” onthou Vanessa.  

Om vir Sion te kon ontmoet was vir die paartjie ’n ongelooflike ervaring. “Ons het hom van toontjie tot kroontjie bekyk en gespog oor watter gedeeltes van sy lyfie hy van beide van ons het.  

“Natuurlik lyk hy volgens sy pappa presies nes hy,” lag sy. “Francois reken hy het ten minste my vingers.”

Om vir Sion te kon ontmoet was vir die paartjie ’n
Om vir Sion te kon ontmoet was vir die paartjie ’n ongelooflike ervaring. Foto: Soul birth photography.

Om hierdie kant van Francois te kon beleef was vir Vanessa fenomenaal! “Dis ’n anderste, sagte kant van hom; baie spesiaal. Hy was bewoë, emosioneel en trots ter selfde tyd.” 

Vanessa self was ook onmiddellik verlief. “Om op hierdie ouderdom ’n seun te mag hê, is ’n onbeskryflike gevoel en die grootste voorreg. Dit gee ’n mens weer ’n nuwe uitkyk en betekenis oor jou lewenspad. Hy is perfek gevorm in elke manier!”

Trotse Pa Francois.
Trotse Pa Francois. Foto: Soul birth photography.

Twee dae ná Sion se geboorte, is ma en seun ontslaan. “Ons is nog net ’n paar dae tuis. Francois help my so baie om hom te versorg en het klaar so ’n besonderse band met hom. 

“Dis ’n groot verandering om hom by die huis te hê, maar ons al drie het mooi inge-settle en geniet elke spesiale oomblik. Ek moet vir Francois elke dan en wan verduidelik dat hy nie sal breek nie. Hy is baie beskermend oor hom en werk so saggies met hom.”

Teen ’n stewige 3.88 kg, is hy duidelik ’n boerseu
Teen ’n stewige 3.88 kg, is hy duidelik ’n boerseun nes sy pappa. Foto: Soul birth photography.

Beide Vanessa en Francois voel Sion het hul lewens ten goede kom verander. “Ons is deur meer sakke sout as die meeste paartjies in ’n jaar se tyd, maar die liefde het elke keer geseëvier. Ons is ’n tweede kans gegun en gaan dit voluit leef met ons kosbaarste besitting en sy boetie en sussies wat klaar so lief is vir hom.” 

Vir die paartjie is Sion voorwaar ’n geseënde van God. “Hy is uit Sy hand vir ons geleen. Ons het soveel waardering vir die ongelooflike liefde en seën van soveel mense wat ons liefdesverhaal ondersteun en saam ons die pad stap.” 

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees