Sy word vertolk deur die nimlike Diandra Slabbert. Anders as haar bose karakter, is Diandra eintlik ’n dierbare, saggeaarde en optimistiese mens wat nie skroom om haar hart op haar mou te dra nie.
Mari se ma is oorlede toe sy maar ses jaar oud was en volgens Diandra het dit gelei tot ernstige sielkundige probleme wat nooit aangespreek is nie.
“Toe Ben en Sanet begin date, het Mari ’n groot vrees ontwikkel dat sy haar pa ook gaan verloor en dat die klein familie wat hulle het, weer uitmekaar geskeur gaan word,” verduidelik Diandra.