T20-Wêreldbeker
Deel

Bavuma haal nie Proteas se groep vir T20-Wêreldbeker

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 0 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ottniel Baartman, wat uitstekend gevaar het in die SA20-reeks vroeër vanjaar, is met ’n plek in die Proteas se voorlopige T20-Wêreldbeker-groep beloon. Foto: Gallo Images
Ottniel Baartman, wat uitstekend gevaar het in die SA20-reeks vroeër vanjaar, is met ’n plek in die Proteas se voorlopige T20-Wêreldbeker-groep beloon. Foto: Gallo Images

Die topordekolwer Ryan Rickelton en naatbouler Ottniel Baartman is die nuwelinge in die Proteas se voorlopige groep vir die T20-Wêreldbeker (WB)-toernooi, wat in Junie in Amerika en die Karibiese Eilande gehou word.

Die snelbouler Lungi Ngidi kon nie weer die groep haal nie, maar is ’n reisende plaasvervanger. Ngidi het die Indiese Premierliga met ’n rugbesering misgeloop. Hy was in sy terugkeer tot die spel – vir die Titans in die pas afgelope T20-uitdaagreeks – nog nie weer homself nie.

Temba Bavuma, die Proteas se kaptein in 2022 se toernooi en in verlede jaar se WB-toernooi (50 boulbeurte) in Indië, het ook nie die groep gehaal nie. Kagiso Rabada is die enigste etniese swart speler in die groep van 15 spelers.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()