Deel

November 2009-mode-fotosessie: Agter die skerms

akkreditasie
Vir die jong meisie wat graag 'n model wil word, is hierdie maand se agter-die-skerms-foto's 'n eye-opener.

'n Model se werk is nie maklik nie. In yskoue weer moet hulle paradeer in swembroeke en in die snikwarm hitte van die somer moet hulle wintersdrag dra.

Hierdie dag was besonders uitmergelend vir enige model, want nie net was dit koud nie, dit het ook gereën en daar was 'n ligte windjie. Die kersie op die koek was dat Karlien (ons model) dit in die yskoue water van die Kaap moes waag. En ons almal weet hoe koud die Kaap se water selfs in die middel van die somer is, so dink net hoe koud het sy in die hartjie van die winter gekry.

Ná elke foto het ons haar in 'n kombers toegevou sodat sy net haar liggaamshitte kon terugkry.

Die eerste 2 uur van die dag het dit gereën, maar hier na 14:00 se kant het die son darem sy kop begin uitsteek en kon ons die shoot suksesvol voltooi.

Met die somermaande wat op pad is, hoop ons die weer speel beter saam as toe ons die swembroeke afgeneem het en dat jy heerlik sal pronk in een van die 60 waaruit jy in ons November-uitgawe (vanaf 12 Oktober te kry) kan kies.

+ Kry ook jou volle eet- en oefenprogram in die November-SARIE en tem só jou selluliet

+ Wat is die trends vir Somer 2009

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees