Deel

April 2010-modesessie: Agter die skerms

akkreditasie
Vroeg een Woensdagoggend val ons elkeen met 'n cappuccino in die hand weer in die pad na Caledon.

Wanneer ons 2 uur later daar aankom weens al die padwerke,het almal se kafeïenregmaker gelukkig ingeskop en is elkeen opgewonde en reg om die dag te begin. Die weer is perfek om 'n herfs-gevoel te skep – bewolk.

Dis 'n lang dag maar alles verloop vlot en die foto's lyk ongelooflik. Hoe dan ook anders met 'n toegewyde span wat almal geniet wat hulle doen. En goeie resultate is altyd die kersie op die koek. Ek kan net weer eens dankie sê aan my wonderlike vriendin Jacomien en haar man, Hennie, wat die bos op hul plaas vir ons beskikbaar gestel het vir die perfekte agtergrond vir ons jongste modeblaaie. Ons span vir die dag
Fotograaf: Marguerite Oelofse van Infidels
Fotograaf se assistent: Cle Latouf
Hare en grimering: Johanni Nel van Infidels
Model: Emma Menteath van Boss

So lyk die bosnimf in die April-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 8 Maart, te koop. Put inspirasie uit die natuur se kleurpalet, blommotiewe, vere en kunspels.

JONGSTE UITGAWE
JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees